Kuier

REUSEPAASB­ROOD MET BILTONG EN SULTANAS

-

Lewer 1 groot brood BESTANDDEL­E

1 pakkie kitsgis

½ koppie louwarm melk

1 eetlepel suiker

¼ koppie water

¼ koppie olyfolie

2 eiers, geklits

4 koppies meel

1 teelepel sout

2 teelepels droë rosemary of tiemie ¼ koppie biltongpoe­ier

1 eetlepel gemaalde roasted koljander 1 koppie sultanas

Afronding

1 eetlepel melk

1 eetlepel heuning

2 eetlepels biltongpoe­ier

METODE

Voer die bodem van ’n diep 23 cm-koekpan met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei.

Meng die gis, melk en suiker in ’n diep beker en laat dit vir 30 minute staan, of tot die mengsel ’n skuimlaag bo-op vorm.

Klits die water en olie by, gevolg deur die eiers. Hou eenkant.

Meng die meel, sout, rosemary of tiemie, biltongpoe­ier, koljander en sultanas in ’n groot mengbak en maak ’n holte in die middel.

Giet die melkmengse­l by die meelmengse­l en meng met ’n vurk tot die deeg bymekaar begin kom. As die deeg nog te droog is, giet nog louwarm water by.

Keer die deeg op ’n skoon oppervlak uit en knie tot glad en elasties.

Sit die deeg in ’n skoon, gesmeerde bak, bedek en laat rys vir 90 minute op ’n warm plek of tot dubbel in grootte.

Verhit die oond tot

180°C. Keer die deeg uit en vorm ’n groot ronde deegbal. Sit die deeg met die soomkant na onder in die bereide koekpan, bedek en laat dit vir nog 30 minute op ’n warm plek rys.

Afronding

Verf die bokant van die deeg met die melk en bak 40-45 minute of tot goudbruin en

deurgaar.

Verf die brood met die heuning sodra dit uit die oond kom. Strooi die biltong oor die brood in ’n kruis (indien verkies) en laat vir 15 minute in die pan afkoel. Keer die brood versigtig uit die koekpan en laat heeltemal op ’n draadrak afkoel.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa