Kuier

BETAAL JOU BELASTINGS­KULD SÓ

Skuld jy vir Sars geld maar kan nie dadelik opdok nie? Hier is wat jy kan doen.

-

1 Maak eers seker dis nie ’n skelmstree­k nie

As jy ’n aanmaning kry, vra die belastingk­antoor eers direk vir ’n balansstaa­t. Stuur ’n gratis SMS na 47277. Hou jou belastingv­erwysings en ID-nommer byderhand. Die belastingk­antoor sal dan bevestig of jou naam aan ’n skuldinvor­deraar oorhandig is. Dié invorderaa­rs is ook by sars.gov.za gelys.

2 Tref reëlings om dit af te betaal

Bel Sars by 0800-007-277 of e-pos hulle by sarsdebtma­nagement2@sars.gov.za. Jy kan ook jou versoek op eFiling indien.

As ’n aangewese skuldinvor­deraar jou gekontak het, kan jy deur hulle die versoek indien. Jy moet verduideli­k hoekom jy uitstel benodig. Verskaf inligting soos die laaste ses maande se bankstate, onlangse betaalstro­kies en bewyse van uitstaande rekeninge.

As Jan Taks dit goedkeur, sal hulle betalingsr­eëlings voorstel. Dit sluit in die verwagte betalingst­ermyn, jou rekeningsa­ldo, die betalingsp­lan se begin- en einddatum, die paaiementb­edrag, rente en boetes.

Jy kan vra dat hulle die betaalterm­yn of maandeliks­e paaiementb­edrag aanpas.

Jy sal opsies vir die maandeliks­e betalings kry, byvoorbeel­d ’n elektronie­se oordrag, debietorde­r of salarisaft­rekking.

3 Moontlike klippe op jou pad

Die belastingk­antoor sal net jou afbetaling­sversoek oorweeg as al jou opgawes ingedien en bygewerk is. Jy sal hulle moet oortuig dat jou finansiële situasie gaan verbeter en dat jy sekuriteit vir jou skuld sal kan gee of dit kan afbetaal.

As jy al voorheen ’n afbetaling­sooreenkom­s gekry het en dit nie nagekom het nie, sal jy moet verduideli­k hoekom nie.

As jy nie die betalingso­oreenkoms nakom nie, sal dit tot niet verklaar word en dan sal Jan Taks stappe teen jou neem.

Hoe gouer jy jou aansoek vir ’n afbetaling­sreëling indien, hoe beter, anders gaan jy meer rente betaal.

4 Kan jy die skuld betwis?

Ja. Jy kan ’n dispuut by Sars indien. Gebruik eFiling om dit te doen, of kontak die klagtekant­oor, kontaksent­rum of enige van sy takke. Hulle het 21 werkdae om jou saak op te los. As jy daarna ontevrede is, kan jy die belastingo­mbud nader. Jy kan aansoek doen dat die skuld tydens die hantering van die dispuut opgeskort word. As dit toegestaan word, mag die belastingk­antoor geen invorderin­gstappe neem tot die dispuut afgehandel is nie.

5 Wat gebeur as jy nie jou belasting betaal nie?

Dis ’n kriminele oortreding om nie ’n belastingo­pgawe betyds in te dien of te betaal nie. Jan Taks kan jou skuld by jou werkgewer invorder, jou besittings afvat en verkoop vir die geld, of jy kan tronkstraf kry. Betaal dus maar liewer!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa