Kuier

PASOP VIR DIÉ SLAGGATE

-

JY BENADER DIE ONDERWYSER SONDER RESPEK

Onthou dat die onderwys ’n profession­ele beroep is, sê Inge.“As jy bekommerni­sse het, bespreek dit met hulle en vra hul profession­ele mening. Sê byvoorbeel­d:‘Ek wil graag weet hoe jy dié toets of projek geassessee­r het’eerder as:‘Ek dink jy was onregverdi­g.’”Erken dat die onderwyser die kenner op dié gebied is, en benader enige gesprek só.

JY KRY INLIGTING NAMENS JOU KIND

Wees versigtig dat jy nie die onderwyser kontak vir huiswerk of inligting wat wel in die klas gegee is, maar waarna jou kind nie opgelet het nie, sê Annemarie. “Leerders moet ook luister na aankondigi­ngs en opdragte, want dit is net té maklik as Ma ’n oproep moet maak.” Inge beaam dit.“As jou kind nie geluister het in die klas nie en nie weet watter huiswerk om te doen nie, moet hulle die gevolge dra.”

JY RAAK TE EMOSIONEEL

“Ons kinders is natuurlik vir ons ’n emosionele saak,”sê Inge,“maar probeer om nie jou emosie by die gesprek te betrek nie. Wees profession­eel en hou die gesprek informatie­f.”Só kan jy ’n konstrukti­ewe gesprek hê en nie net ’n afpaksessi­e nie – iets waarby jou kind nie eintlik gaan baatvind nie.

JY IS TE KNAEND

Hou maar by die onnie of skool se kommunikas­ieraamwerk, en gee genoeg tyd vir die onderwyser om te antwoord. “Hou ook altyd by werkure, veral as jy bel of ’n WhatsApp stuur,”sê Inge. Dink ook mooi of daar nie ’n maatjie se ouer is wat jou vraag sal kan beantwoord nie.

JY IS ONGEDULDIG

Ouers moet besef onderwyser­s se roosters is bitter vol, sê Annari.“Ons gee dalk skool net tot eenuur of tweeuur, maar daarna het ons dikwels sportafrig­ting en ander verpligtin­gs. Dan moet ons voorberei vir die volgende dag en merkwerk inhaal. Verstaan asseblief as ons nie dadelik ’n boodskap terugstuur nie en respekteer die feit dat ons ook ons eie kinders en gesin het.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa