Kuier

HALLO, LIEWE KUIER-LESERS!

-

Dié wat my ken, weet ek is mal oor 'n stukkie musiek. Als van jazz tot hip-hop, en natuurlik die Queen Bey haarself, Beyoncé.

Ek en my man se musieksmaa­k verskil soos dag en nag. Hy hou van doef-doefmusiek en 'n bietjie rock daarby, ek like my songs effens rustiger . . . R&B-rukke.

Ons elkeen het ons eie playlists en ek is alte trots dat my jongste hou van ma se musiek. Amapiano en afrobeats is sy ding.

Ek het onlangs ook die local rapper Ziggy se hit, "Honne", aanlyn ontdek. My seuntjie het dit so 'n paar keer in die verbygang gehoor en nou moet ons ook elke nou en dan hoor: "Almal jou honne is gebaita". En as hy hoor iemand sê "almal jou honne ken honne wat nog honne ken en die honne is . . .", dan gil hy "strikers!" – en dít op 18 maande!

Ziggy se rap-hit spog met viral status en is so oral op social media dat ons hier by Kuier dit nie kon miskyk nie en wou weet: Wié is die mannetjie wat nou Kaapse drill rap op die map sit? Wel, Ziggy het ingestem tot 'n onderhoud, en só kom hy en sy manager, Nav Albers, toe by ons kantoor aan.

Ziggy is 22 en van Manenberg, vertel hy trots, plat op die aarde en die vriendelik­heid self. Hy "ma'am" sommer vir my tydens ons gesels dat ek moet sê "nee jinne, noem my net Lara". Vir ons joernalis (wat veel ouer as hy is), noem hy tydens die onderhoud "antie", want kyk, hy't nog altyd net respek vir ouer mense gehad, sê hy.

Hy lag hom klaar toe ek vertel my seuntjie is 'n groot fan. En sy oë rek verbaas toe hy hoor dié fan'tjie is net 18 maande oud!

Ziggy se profielsto­rie op bladsy 20 gee 'n kykie in dié jong rapper van 'ie Manenberg se lewe tot hier. Hy was lekke' stout, bieg hy, maar nie meer nie. Kyk, nou het hy iets om voor te leef – hy's nou in die big leagues. En ons kan ook nie wag om te sien tot watter hoogtes Ziggy se loopbaan hom gaan neem nie.

Dis vir my wonderlik om te sien wat sosiale media deesdae vir mense doen. Influencer­s is mos deesdae celebs.

Party inspireer, ander vermaak, en dan is daar ook dié wat ons laat skater en ons gemoedere lig as ons 'n af-dag het en net bietjie 'n pick-me-up soek.

Ons dinamiese drie voorbladvr­oue, Veronique Jephtas, ds. Farren Cloete en Rasheeqah Karriem-Hock, het elk 'n huge following op sosiale media. En moenie hulle sommer vlak kyk nie. Hulle is opreg, het sakebreine en hulle vat nou vlam in hul onderskeie velde (bladsy 6).

Sosiale media gaan ook deesdae oor soveel meer as net selfies post vir likes. Vir Sharney Blackway, wat op 28 met borskanker gediagnose­er is, het dit 'n manier geword om bewusmakin­g van kanker onder jongmense se aandag te bring (sien oorkant).

Sy vat haar TikTok-followers saam op haar kankerreis en tussendeur inspireer sy hulle ook om voluit te leef. Dié jong ma van Boksburg se man, Rowayne, is haar grootste ondersteun­er.

Sy het al vier familieled­e aan kanker verloor. “Ek is die eerste een in my familie wat nie gesterf het aan kanker nie, so ek is só bly dié wat ná my kom, kan na my kyk as 'n voorbeeld,” vertel Sharney.

Praat van inspireren­d.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa