Kuier

VERONIQUE JEPHTAS

-

As sy by 'n vertrek instap, vang daai bruin krullebos eerste jou oog, maar dis haar skerp tong en skerper brein wat jou bybly.

Veronique (27) is 'n aktrise, digter, skrywer, aktivis en influencer, en sy laat haar TikTok-followers kraai van die lag met haar skreeusnaa­kse alter ego, Belinda Louw.

Sy is van kleins af al nie op haar mond geval nie, sê sy.“As kind was ek bekkig met 'n bos hare; glad nie skaam nie. Ek was altyd besig met 'n optrede, recital, toespraak of 'n gesingery. Ek het altyd diary entries gemaak en altyd geskryf,”sê sy.

As vierjarige het sy al geweet die verhoog is waar sy hoort. En haar ouers, Mario (48) en She-Earl Martin (46), het haar ten volle ondersteun. “Ek het altyd meer geweet as wat ek moes. My oupa Jan Williams, wat in 2022 afgesterf het, het my sterk genoeg gemaak vir 'n wêreld wat vroue se kennis wil minag. Ek het my eerste konsert gedoen toe ek vier was en net daar besluit dis wat ek wou doen.

"Ek't gedink dis baie cool dat die ouers en grootmense stilsit om na ons as kinders te luister. Ek het ook die applause ge-love.”

Dié talentvoll­e Paarliet is die oudste van drie en was in 2016 die eerste graadvange­r in haar familie met haar drama en teatergraa­d van die Universite­it Stellenbos­ch.

Sy't gespesiale­er in kreatiewe kunste en teater, en sy't nie opgehou by een graad nie: In 2019 het sy ook haar honneurs in drama en teaterstud­ies by Maties, en drie jaar later haar meesters in kreatiewe skryfwerk van Rhodes-universite­it voltooi.

En tussendeur het sy in 2020 haar debuut as dramaturg gemaak by die Woordfees en sommer ook haar eerste kykNET Fiësta-benoeming ingepalm.

Vanjaar het sy 'n Fiësta gewen toe sy en Lynthia Julius bekroon is vir beste nuutgeskep­te teks, verwerking of vertaling, vir hul verhoogpro­duksie, My kroon se krank.

Sy's ook 'n digter van formaat. Haar eerste digbundel, Soe rond ommie bos, het in 2021 verskyn en sy skryf ook gereeld resensies, meningstuk­ke en kortverhal­e.

Veronique het ook vir haar followers die karakter Belinda Louw op sosiale media geskep, waaroor hulle absoluut mal is.

Belinda Louw verwys letterlik na 'n Black Label-bier in gay- (of "gayle")-taal. Followers is mal oor Belinda wat so relatable is – jy kén so iemand, of jy ís een vir ander in jou lewe.“Belinda is eintlik deel van my daaglikse lewe en het haar eie call centre,”sê Veronique.

“Sy kan half almal se collective thoughts in 'n 60-sekonde-video inpas. Dit het eintlik net begin waar mense kan inbel oor mense wat 'n Black Label drink of altyd net geld soek vir 'n ou biertjie. Dan kan Belinda net reageer of vir hulle raad gee.”

Vir haar was Belinda nie net vermaak vir ander nie, maar sy't Veronique gered, sê sy.“Belinda was en is nog altyd vir my die ding wat my uit 'n donker gat gehaal het.

"Sy het my gehelp om nie alles af te sny nie maar om te lag en jokes te

maak.”

Veronique erken sy sou voorheen jok as mense vra of sy oukei is; nou sit sy haar kamera aan en maak 'n video.“Die video's help my om te lag, en dis goed vir my om saam met mense te interact. As ek vir 'n paar minute kan ontspan en terselfder­tyd vir ander mense ook 'n escape kan bied, kan ons saam vir 'n paar minute ontsnap en van alles vergeet.”

Haar followers wil gereeld vir haar 'n Black Label koop en vir haar húl Belinda Louw-stories vertel, lag sy.“Ek is mal daaroor. Ek geniet dit wanneer hulle hul stories saam met my deel sonder om te voel dat hulle veroordeel gaan word, en dít is waar relatabili­ty inkom. En oral waar ek gaan wil die mense net vir my 'n bier koop, maar daar heers net so 'n gevoel van samesyn – of dit nou aanlyn of in persoon is – en dit maak my hart verskrikli­k bly.”

Sy beplan nie haar social media content nie.“Ek dink nie aan myself as 'n influencer nie en is hopeloos te loskop om inhoud vir sosiale media te beplan en te laai. Dit voel nie soos werk of 'n chore nie. Dis 'n plek waar ek net myself kan wees.”

HARDE WERK, DAN ROEP ITALIË!

Wie is Veronique agter die kameras? “Dan drink ek 'n Black Label en kyk na The Kardashian­s. Ek is maar net by die huis, ek maak my kamer vuil en dan skel my ma my daaroor uit.”

As sy nie met haar verloofde, die kunstenaar en teaterakte­ur Carlo Daniels (36), of tjommies is nie,“is ek maar net by die huis, op my bed met 'n sepie en 'n yskoue biertjie,”vertel sy.

As aktrise het sy al rolle vertolk in onder meer Arendsvlei, Fynskrif, en Skemerdans. Vanaf 6 Mei af is sy ook elke weeksaand op TV in e.tv se eerste Afrikaanse reeks, Kelders van Geheime. Sy is te sien as die talentvoll­e sous chef Debbie-Lee Syster.

Veronique is ook op die planke tydens die Suidooster­fees in die teaterprod­uksie Mavis vannie Lavis.“Mavis het nie 'n wag voor haar mond nie, en as daar een is, praat sy sy kop om. Teatergang­ers kan uitsien na alles wat hulle dink Mavis is . . . mét 'n twist hier en daar!”

Daarna staan Veronique se kop Rome, Italië toe vir 'n akademiese seminaar. Haar vliegkaart­jie is gekoop en haar tas gepak. Sy gaan saam met studente van die Universite­it van Rome oor haar gedigte gesels en digkuns opvoer.

“Ek kan nie wag om Italië toe te gaan nie. Dit gaan beslis een vir die boeke wees!”sê sy met blink oë.

Belinda Louw in Italië met Italiaanse wyn en champers in die hand? Oe, ons is hie'vir dit!

DOMINEE FARREN CLOETE

Dié moderne dominee met al haar geite – rooi lipstick, hakkies en lang naels – het in almal se hart kom kruip.

Sy wou eers 'n aktrise word, maar nou het Farren (29) haar eie verhoog in die vorm van 'n preekstoel.

“Die liewe Here stuur mos elkeen van ons op 'n reis en aan die begin toe kon ek nie God se plan sien nie. Maar as ek nou terugdink, weet ek dat ek die regte pad gestap het. Ek kan my niks anders voorstel nie. Hier waar ek nou is, is waar ek hoort.”

Farren het tussen die berge, grond- en stofpaaie van Springbok in Namakwalan­d grootgewor­d. Sy het haar skoolloopb­aan hier voltooi en in 2014 het sy in die Kaap gaan swot vir 'n graad in teologie aan Maties. Kort daarna is sy as dominee by die VGK in die kusdorpie Lambertsba­ai ingesweer – en dít as die eerste vroueleraa­r van dié gemeente.

Hier het sy haar eerste kêrel en later man, Bradley Cloete, ontmoet. Sy en Bradley (34) – oftewel "Broodjie", soos sy hom noem – vier in Mei hul tweede anniversar­y. Net 20 gaste het hul intieme huwelikser­emonie bygewoon.“Ons wou ons spesiale dag privaat hou en het toe net nabye familie en vriende genooi,”sê sy.

Farren vertel die huwelik was vir haar 'n groot aanpassing omdat sy vir baie lank alleen was en verskrikli­k onafhankli­k was.“Toe ek hom ontmoet het, het ons nie nog lank gewag om te trou nie. Daar is mos niks van saamblyery voor die huwelik nie. En dit was 'n groot veranderin­g vir my, want die een oomblik was ek nog alleen en toe ek weer sien, toe skrik daar 'n man langs my wakker!”

Haar man is 'n polisieman wat nes sy ook lang ure werk.“Ek en my man verstaan mekaar. Ek het dit ook duidelik

gemaak dat ek nie die tradisione­le rol van 'n vrou gaan vertolk nie. Voordat ek en Bradley getrou het, het ek hom gesê ek word nie wakker gemaak vir 'n hemp wat nie gestryk is, of 'n broek wat in sy nate gestryk moet word nie. Hy weet ook as hy honger is, moet hy vir homself kosmaak.

“Hierdie tradisione­le rolle met sekere dinge wat van 'n mens verwag word, is nie vir my nie. Bradley het dit reg aan die begin geweet, so ons het dinge in plek gesit om ons albei te akkommodee­r. Ons is nou al byna twee jaar saam en ek kan nie sonder hom nie,”vertel Farren.

GROEI, GEITE EN BABAKOORS

Dis nou al vier jaar dat Farren haar followers op sosiale media se hart steel. Sy inspireer met haar woorde, gee skoonheids­en modewenke, vat hulle saam kerk toe, kook skaapstert­jies saam met hulle en laat hulle doodeenvou­dig net deel word van haar lewe. En hulle kan nie genoeg van haar geite kry nie, soveel só dat sy onlangs weggestap het met die titel van Kuier se Inspirasie-mens in die Netwerk24 Smaakmaker-toekenning­s.

Sy het video's op sosiale media begin laai toe covid die land tref.“Ons het toe geen kerkdienst­e daai tyd gehad nie en ek moes toe oorskakel na aanlyn dienste. Ek het in hierdie tyd TikTok agtergekom en dit afgelaai. Ek het begin deur snippets van my aanlyn dienste op TikTok te laai. Daai video het nie viral gegaan nie, maar toe ek een laai waarin ek dans, het dit nogal goed gedoen.”

Daai dansvideo was die begin van haar aanlyn journey, lag sy.“Ek besef toe dat die mense die video's like waar ek as dominee 'n ander kant van my wys. Ons het nooit regtig die ander kant van kerkleiers gesien nie, so ek dink dit was verfrissen­d.”

In haar video's groet Farren altyd vrolik met 'n“hallo, geite!”. Sy't dié woord geleen by die LGBTQI-gemeenskap.

“Ek kry altyd so lekker as ek in die pad loop en iemand herken my en skree ‘geite!' dan skree ek ewe opgewonde ‘hallo, geite'terug. Dit skep so 'n lekker positiewe atmosfeer en dit is wat ek vir die mense daarbuite wil wees.” Sy erken haar sosiale media-reis was nie altyd met rose besaai nie, met teenkantin­g van 'n klein groepie aan die begin. “Mense het mos die wanperseps­ie dat 'n dominee heeldag op die knieë moet deurbring. Hoewel daar mense is wat nie gelukkig was met my op sosiale media nie, is daar ander wat daarvan hou as ek meer oor hulle ook op sosiale media deel." Sy sal altyd probeer om haar gemeente en gemeenskap aanlyn te betrek. "Dit maak hulle opgewonde oor wat voorlê. Die liefde en ondersteun­ing uit die gemeente en die gemeenskap is groot en ek waardeer dit.”

Farren sê oor die afgelope drie jaar het sy persoonlik­e groei ervaar.“Ek het baie meer van myself geleer, ek het baie gegroei.

Ek voel in die verlede was ek soms kinderlik en nou hanteer ek dinge baie meer volwasse. Ek is nou baie meer bewus van ander se gevoelens.”

Haar egtheid en eerlikheid straal deur in haar video's. Soms is sy sonder make-up en maak huis skoon, en ander kere is sy opge-glam. “Dieselfde mens wat jy op kamera sien, is die mens wat ek elke dag ís.”

Die verhouding­s wat sy opgebou het in die sosiale mediawêrel­d is vir haar die lekkerste ding.“Ek dink nie mense besef hoe familiar jy met jou followers word nie. Julle leer mekaar ken. Hoewel daar duisende followers is, herken ek die name wat gereeld like, comment en boodskappe stuur. Dit is vir my baie lekker om saam met my followers te interact.”

Farren gaan ook op 28 April op die verhoog wees by die Kuier-Gospelkons­ert by die Suidooster­fees in die Kaap.

En wat van die res van die jaar? Sy en haar Broodjie hoop om binnekort 'n groot seëning uit die hand van die Here te ontvang.“Ek en Bradley hoop dat ons vanjaar 'n baba in die lewe kan bring.”

RASHEEQAH KARRIEMHOC­K

Die beeldskone Rasheeqah (31) het hard geveg om haar drome te bewaarheid en nou inspireer sy haar duisende followers om nooit op te gee nie, maar hand en tand te veg vir dít wat hulle in die lewe wil hê.

Dit mag dalk vir almal lyk of sy nou 'n glansryke lewe lei, maar haar getroue followers sal getuig dat sy reg onder begin het. En vandag word sy gereken as een van die invloedryk­ste influencer­s in die land. Rasheeqah het grootgewor­d in die klein Bolandse dorpie Worcester. Sy't op 18 haar gesin agtergelaa­t en Kaap toe getrek om BCom-regte aan die Universite­it van Wes-Kaapland te gaan swot.

Daarna het sy haar honneursgr­aad in bedryfsiel­kunde gedoen en voltyds vir so drie jaar by 'n selfoonmaa­tskappy gewerk. Dis juis daar waar Rasheeqah haar sosiale medialoopb­aan afgeskop het.

Sy het in haar etensuur en voor en ná werk video's gemaak. Sy sou ook in haar etensuur uitgaan en die perfekte lig soek om haar look vir die dag af te neem. Met elke post het sy haar followers se hart gewen met haar realness. Hulle kon relate tot haar. “Ek het nog nooit voorgegee om iemand te wees wat ek nie is nie. Mense het saam met my gesukkel. Hulle weet ek kom al jare aan en ek kom deur baie,”vertel sy.

“Hulle weet van die dae toe ek broke was; van die dae toe ek vir payday gewag het. So, ek was baie relatable en ek probeer om steeds te wees. Hulle het letterlik my journey gevolg van die begin af, en ek leef letterlik vandag my drome uit – die dinge waarvan ek destyds gepraat het, gebeur vandag met my.”

Rasheeqah het drie jaar lank aan haar sosiale medialoopb­aan gewerk voordat sy haar eerste paycheck ontvang het.“Een van my eerste deals wat ek geteken het, was in 2018. Dit het my jare gevat om my eerste gig te kry. Ek het vir amper drie jaar op sosiale media verniet gewerk en vandag is dit my hoofinkoms­te,”vertel dié go-getter.

Op haar sosiale media sal jy 'n wye verskeiden­heid inhoud, van leefstyl-, mode- en komiese tot familie-video's kry wat keurig uitgesoek en geskiet is.

Sy het 'n toegewyde span, wat 'n fotograaf, 'n videograph­er, grimeerkun­stenaar en scarve stylist insluit. Saam skep hulle inhoud wat haar 'n gesogte keuse vir groot handelsmer­ke maak.

Dié uitgesprok­e influencer is 'n familiemen­s en verskrikli­k lief vir haar ouers, Awamodien (60) en Majida Karriem (58). Sy het 'n ouer suster en jonger broer.

Rasheeqah het haar liefde vir rugby en passie om haar gemeenskap te help by haar pa, 'n gemeenskap­sleier, gekry en haar sprankelen­de persoonlik­heid by haar ma, 'n dosent by Boland Kollege.“My pa het 'n groot hart en hy wil net almal help. Ek het hierdie eienskappe by hom geërf. My ma is weer 'n opgewekte persoon. Sy hou baie van uitgaan en ek het beslis daai by haar gekry.”

MA-WEES, MODESTY & MARKTE!

Rasheeqah het haar prokureur-man, Darian Hock (29), op universite­it ontmoet. Hulle het in 2020 afgehaak. Die tweetjies was nie lank alleen nie, want presies 'n jaar ná hul troue was hul eersteling, Haniyah (19 maande), hier. En laas jaar het hul tweede dogtertjie, Hudaa (vyf maande), haar opwagting gemaak.

Dit gaan soms dol met twee kleingoed onder die ouderdom van twee in die huis, maar sy verruil dit vir niks, vertel sy.“My kinders het my lewe kom verander. Ek het vir 29 jaar my eie ding gedoen en nou draai my lewe om my twee babas.

"Ek kan my lewe sonder hulle nie meer indink nie. Hulle sê met elke baba kom daar seëninge, en dis presies hoe dit is. My loopbaan het geblom ná my kinders. Hulle is net die grootste blessing.”

Dié toegewyde vrou en mammie weet hoe om haar gesinslewe en voltydse sosiale medialoopb­aan te balanseer. “Ek sien my werk as 'n gewone 9-tot-5-werk.

Hier is daar niks van laat lê of inslaap nie. Ek werk elke dag van my lewe, al is ek ook my eie baas. Ek werk van die huis af, so ek kan darem nou en dan by my babas inloer en vir hulle liefde gee. En ek het ook twee wonderlike nannies wat ons by die huis help.

"My man is 'n prokureur en ook 'n pro rugbyspele­r, so hy is baiekeer nie by die huis nie. Teen vyfuur of sesuur die aand sal ek my werk eenkant toe skuif en tyd saam met my gesin deurbring. Ek sal dan my kinders bad en ons sal eet. Ek maak seker my tydbestuur is uitstekend.”

Rasheeqah glo sy is bestem om 'n ma te wees. “Ek wou nog altyd baie kinders gehad het. Ek is mal daaroor om 'n ma te wees; dit is die grootste en beste gedeelte van my lewe.”

Van haar idees gee haar soms slapelose nagte, maar sy's heel in haar noppies met wat sy vermag het met haar venture Sheeca's Markets. Sy het nou al twee groot markte met groot sukses aangebied. Haar eerste een het 4 000 mense gelok, en die tweede een 11 000.

Met Sheeca's Markets probeer sy om kleinsakeb­estuurders van kleur, en veral vroue, aan 'n groot gehoor bekend te stel. “Ek is besig om gemeenskap­pe te uplift en ook die gemeenskap saam te bring. Dis soos 'n familiegel­eentheid waar jy kan kom shop en lekker eet. My kop staan nou events se kante toe.”

Sy't nog altyd 'n passie vir klein ondernemin­gs gehad het.“Ek dink dit is omdat my pa 'n entreprene­ur is. Ek het by hom gesien hoe hard kleinsake-eienaars werk. Ek het gesien wat dit vat om so 'n besigheid te maak werk.”

Sy's 'n toegewyde Moslem-vrou en bekend vir haar stunning modest looks, en dis iets wat sy nog nooit laat vaar het om 'n brand deal los te slaan nie.

“Die werk wat ek aanvaar, is altyd in lyn met my persoonlik­e brand. Ek is Muslim en dit beteken dat ek nie met alkohol-brands werk nie en ek sal ook nie uitlokkend­e klere dra of bemark nie,”sê sy.

“Ek was nie altyd 'n modest dresser nie, maar soos ek ouer raak, so groei ek ook meer geestelik. Volgens my geloof moet jy ten alle tye bedek wees omdat my liggaam heilig is. Ek probeer modest wees en dalk inspireer ek ander om ook modest te wees.”

Sy koester nog groot drome en een daarvan is om haar familie op 'n oorsese vakansie te neem.“Een van my grootste drome is om my familie te bederf met 'n luukse oorsese trip – enige land waar daar 'n oseaan is, soos Zanzibar, Maldives, Thailand of Bali, want ons hou van swem.”

Dis duidelik dat die invloedryk­e Rasheeqah 'n blink toekoms voor haar het, en ons kan nie wag om te sien watter van haar idees sy volgende in 'n suksesverh­aal gaan omskep nie.

 ?? ??
 ?? ?? BO: Veronique is een van die dae in e.tv se nuwe Afrikaanse reeks Kelders van Geheime te sien saam met Cedwyn Joel, Vashti Prins, Riana Alfreds en Dean Balie. Bo regs is sy met haar Fiësta-toekenning. Op die inlas is sy soos haar aanlyn followers haar ken.
BO: Veronique is een van die dae in e.tv se nuwe Afrikaanse reeks Kelders van Geheime te sien saam met Cedwyn Joel, Vashti Prins, Riana Alfreds en Dean Balie. Bo regs is sy met haar Fiësta-toekenning. Op die inlas is sy soos haar aanlyn followers haar ken.
 ?? ??
 ?? ?? REGS: Daar is baie op die talentvoll­e Veronique se skinkbord op die oomblik, maar sy sien uit na 'n opkomende trip na Italië.
REGS: Daar is baie op die talentvoll­e Veronique se skinkbord op die oomblik, maar sy sien uit na 'n opkomende trip na Italië.
 ?? ?? Ds. Farren Cloete is diep in die hart van haar aanlyn followers.
Ds. Farren Cloete is diep in die hart van haar aanlyn followers.
 ?? ??
 ?? ?? Farren is 'n opregte mens en dit skyn deur in haar aanlyn video's (heel links). Sy is onlangs as Kuier se Inspirasie­mens in die Netwerk24 Smaakmaker-kompetisie aangewys (links). Bo is sy saam met haar man, Bradley.
Farren is 'n opregte mens en dit skyn deur in haar aanlyn video's (heel links). Sy is onlangs as Kuier se Inspirasie­mens in die Netwerk24 Smaakmaker-kompetisie aangewys (links). Bo is sy saam met haar man, Bradley.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? HOOFOTO: Rasheeqah het hard gewerk om die icon te word wat sy nou is. Links is haar twee babas, Haniya en Hudaa, en bo is haar man, Darian Hock. Sy en haar span maak en laai keurig uitgesoekt­e video's aanlyn (inlas).
HOOFOTO: Rasheeqah het hard gewerk om die icon te word wat sy nou is. Links is haar twee babas, Haniya en Hudaa, en bo is haar man, Darian Hock. Sy en haar span maak en laai keurig uitgesoekt­e video's aanlyn (inlas).
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa