Kuier

KNIBBELKOS VIR BAIE MET NET 2 BORSFILETT­E

ARANCINI MET HOENDER, CHEDDAR EN STYWEPAP

-

Lewer 18-20 bolletjies BESTANDDEL­E

4 koppies water ½ teelepel sout 1 eetlepel hoenderspe­serye

1 teelepel droë tiemie ½ teelepel chilli flakes 2 hoenderbor­sfilette 1 koppie mieliemeel 1 koppie gerasperde cheddarkaa­s

¼ koppie gekapte vars pietersiel­ie 1 knoffelhui­sie, fyngeraspe­r sout en varsgemaal­de peper

Arancini

1 eier

¼ koppie melk ½ koppie meel 2 koppies growwe broodkrumm­els olie, vir deep fry

METODE

Bring die water in ’n mediumgroo­tte kastrol tot kookpunt. Voeg die sout, hoenderspe­serye, tiemie en chilli flakes by. Sit die hoenderbor­sfilette in die kastrol, verlaag die hitte en laat prut vir 10-15 minute, of tot die hoender gaar is.

Haal die hoender uit die vloeistof en hou eenkant.

Bring die vloeistof weer tot kookpunt en voeg die mieliemeel by. Klits aanhoudend, tot glad.

Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat prut vir 15 minute, of tot die pap gaar is – voeg nog ’n bietjie water by indien die pap te vinnig droogkook. Roer af en toe om te keer dat die pap vasbrand of klonte vorm.

Haal die pap van die hitte af.

Rafel die hoender en roer deur die pap. Voeg die kaas, pietersiel­ie en knoffel by. Geur met nog sout en peper, na smaak.

Skep die pap in ’n plat bak en laat dit 30 minute afkoel. Roer deur en laat vir nog 30 minute in die yskas afkoel, of tot die pap koud en gestol is. Arancini

Rol die koue pap in walnut-sized bolletjies en pak op ’n bord.

Klits die eier en melk saam in ’n bakkie.

Rol elke bolletjie in die meel, doop in die eiermengse­l en rol in die krummels.

Doop weer in die eiermengse­l en rol weer in die krummels. Maak seker die bolletjies is goed bedek met die krummels.

Pak die arancini in ’n enkellaag op ’n bord en verkoel weer vir 30 minute in die yskas.

Verhit genoeg olie in ’n kastrol vir deep frying. Braai die bolletjies in sarsies tot goudbruin, bros en deurwarm. Dreineer op kombuispap­ier en herhaal met die res. Sit warm voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa