Kuier

REGTE VAN PAARTJIES WAT SAAMBLY

-

Ál meer paartjies verkies om nie te trou nie. Maar watter finansiële sekuriteit en regte is daar in ’n saamblyver­houding?

WAT IS MY REGSTATUS?

Die Suid-Afrikaanse reg verleen nie gemeenregt­elike huweliksta­tus aan saamblypaa­rtjies nie.

Die mense in sulke verhouding­s word ongelukkig nie as mekaar se wettige gade beskou nie, maak nie saak hoe lank hulle al saam is of om watter rede hulle nie trou nie. Hulle kan daarom nie staatmaak op die regte van konvension­ele egpare nie.

Tog is daar stappe wat hulle kan doen om hul finansiële sekuriteit te verseker.

Skriftelik­e ooreenkoms­te

Die paartjie kan ’n skriftelik­e ooreenkoms tussen hulle opstel waarin hulle uitstippel wat elkeen se regte en verpligtin­ge in hul saamblyver­houding is.

So ’n ooreenkoms werk soos ’n kontrak tussen vennote en is wetlik afdwingbaa­r solank albei vennote leef, en ook teen elk se testament as een sterf.

Maar hulle sal steeds mekaar by naam en baie spesifiek as erfgename in hul testamente moet benoem.

‘n Prokureur kan jou help om so‘n kontrak op te stel om seker te maak dit voldoen aan alle regsvereis­tes.

Geregistre­erde saamblyver­houdings Saamwoonve­rhoudings kan geregistre­er word ingevolge die Wet op Burgerlike Vennootska­ppe. Die geregistre­erde verhouding is dan amptelik ’n burgerlike vennootska­p.

Elke paartjie se regte sal afhang van hul huweliksbe­deling. Hulle kan kies tussen ’n huweliksvo­orwaardeko­ntrak buite gemeenskap (met óf sonder die aanwasbede­ling) en een binne gemeenskap van goedere. Die doel van die voorhuweli­kse kontrak is onder meer om elkeen finansieel te beskerm.

REGISTRASI­E-VEREISTES

Om ’n burgerlike vennootska­p tussen ’n paartjie te registreer, moet elke vennoot 18 jaar of ouer wees en geldige Suid-Afrikaanse identiteit­sdokumente hê. As een ’n buitelande­r is, is ’n geldige paspoort nodig. En as een van die twee byvoorbeel­d voorheen getroud was, word ’n egskeiding­sbevel of ’n sterfteser­tifikaat van die oorlede gade benodig. Maak seker julle weet wat al die regsvereis­tes is, en kom elkeen getrou na.

VYF VRAE OOR BURGERLIKE VENNOOTSKA­PPE

1 Wat behels ’n huweliksvo­orwaardeko­ntrak binne gemeenskap van goedere?

Die paartjie deel alle bates en is geregtig op die helfte van mekaar se bates.

2 Is ek verantwoor­delik vir sy of haar skuld?

As die burgerlike vennootska­p binne gemeenskap van goedere is, is julle saam verantwoor­delik vir die skuld wat enigeen van julle maak. Jy is altyd verantwoor­delik vir skuld waarvoor jy borg staan.

3 Wat behels buite gemeenskap sonder die aanwasbede­ling? Sonder die aanwasbede­ling beteken dat elkeen se bates hul eie bly – dít wat julle in die burgerlike vennootska­p inbring, en ook dít wat daarna versamel word.

4 En mét die aanwasbede­ling? Albei behou die bates wat julle voor die registrasi­e gehad het, maar die groei van die onderskeie boedels word verdeel as die burgerlike vennootska­p deur die dood of egskeiding beëindig word.

5 Hoe word ’n geregistre­erde burgerlike vennootska­p beëindig? Julle moet ’n hofaansoek indien om dit te ontbind. Dit word nes ’n egskeiding hanteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa