Kuier

SÓ MAAK JY MET . . .

-

WHATSAPP

Gaan na web.whatsapp.com op jou rekenaar, gebruik jou kind se WhatsAppap­p op hul toestel en skandeer dan die QR-kode op jou rekenaar daarmee. Dit gee jou toegang tot hul WhatsAppbo­odskappe. Sê vir hulle jy kan die boodskappe sien en wees eerlik oor hoekom jy dit monitor. Verduideli­k hoe hulle lastige mense op dié app kan block.

SOSIALE MEDIA

Verstel die sekuriteit-settings van jou kind se profiel op elke platform sodat slegs familieled­e en vriende hul inskrywing­s, foto’s en aktiwiteit­e kan sien. Sorg dat die settings só ingestel is dat dit nooit die ligging van hul foon sal deel nie. Gebruik die Family Link-app om hul sosiale mediagebru­ik te monitor en tydgleuwe vir verskillen­de sosiale mediaplatf­orms in te stel.

YOUTUBE

Dié videodiens verbied wel naaktheid, maar kinders kan nog steeds aan suggestiew­e video’s blootgeste­l word.

Ouers kan onder YouTube se settings op hul kinders se toestelle en met die Family Link-app maatreëls instel om te verseker dat hul kinders nie inhoud vir volwassene­s daarop teëkom nie. En vir jonger kinders is daar YouTube Kids, ’n kindervrie­ndelike weergawe van YouTube, wat ouers op hul kind se toestel kan aflaai.

GOOGLE

Om te keer dat kinders onvanpaste dinge op Google soek of vind, kan jy op die Google Play-app ingaan, op die profiel-ikoon klik en dan weer op“Settings”, dan“Family”en daarna“Parental Controls”. Hier kan jy ouerbeheer aanskakel en volwasse inhoud op jou kind se foon block en filtreer tot dít wat volgens jou geskik is.

STROOMDIEN­STE

Disney+, Netflix en Prime Video het elk ’n kinderprof­iel met gepaste inhoud. Jy kan ook jou kind se kykgeskied­enis nagaan om te monitor wat hulle gestream het.

SPELETJIES

Hou ’n oog op die chat-funksie in jou kind se speletjies om te sien watter tipe dinge daar gesê word, en maak seker jou kredietkaa­rtbesonder­hede is nie aan enige speletjie gekoppel nie, om te verhoed dat jou kind onbeperk aankope kan doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa