Landbou Boerekos

KOS IS INDERDAAD OMVANGRYK

-

Landbou Boerekos het op die regte tyd gekom en die regte plek in die samelewing ingeneem. Dit gaan baie idees oor kos, kosmaak en resepte laat opvlam wat onder mense versprei gaan word. Almal gaan daarby baat vind. Dis soos die verspreidi­ng van kennis wat die verspreidi­ng van rykdom is.

Ons weet almal dat daar geen einde aan resepte is nie. Dis amper soos die getalleste­lsel – daar is nie ’n einde nie. Ek moet net my idee by jou uitkry en jy joune by my.

My vrou het die tydskrif gekoop en dit net so naby my kom neersit. Sy het natuurlik geweet wat gaan gebeur, want ek hou van kos en ek probeer ook kos maak. Ek is glad nie ’n goeie kok nie en ek kan omtrent net potjiekos maak op my manier, maar ek geniet dit om resepte te beproef. Hier het ek nou weer ’n hele pot vol idees en resepte.

Ek het veral die artikel op bladsy 115 geniet omdat daar terugbewee­g is in tyd en die artikel baie goed beskryf hoe die eerste wynroete in Suid-Afrika ontstaan het. Ek wonder hoeveel mense het dit geweet?

Die kaas-en-kruiebrood­resep op bladsy 60 is soortgelyk aan wat ek dikwels maak. Dit is regtig lekker brood. “Die hemelse aroma van vars gebakte brood is van die heel lekkerste kosreuke.” Ek wil jou gelukwens met daardie woorde; dit is van die waarste woorde op aarde.

Ek dink geen mens besef die omvang van kosmaak nie.

Dankie vir die tydskrif. CHRIS DU PLESSIS, Pretoria Gedurende die feestyd van 2014 moes ek weer regstaan vir die familie – Kersfees. Gewoonlik is dit nogal ’n kopseer om die spyskaart te beplan!

Ek kon my geluk nie glo toe ek Boerekos 5 (somer 2014/’15) sien nie. Die uitgawe het dit vír my gedoen – dit is fantasties. En die resepte is toevallig ál ons familiegun­stelinge. Ek het reeds die lietsjiepo­ns en Kersfeespa­sja uitgetoets – fantasties.

Ek kan uitgawe 5 nie neersit nie – dit hou my kosmaaksin­tuie aan die werk. Uittoets, proe en beplan.

Hierdie uitgawe is weer eens ’n treffer! ELNA KRUGER, Klein-Brakrivier

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa