Landbou Boerekos

DANKIE VIR NOG ’N WENNER

-

Landbou Boerekos nr. 5 is weer ’n wenner. Ek soek al die laaste twee weke gereeld verskoning om iets in ons afdelingsw­inkel te koop net om in die tydskrifra­k seker te maak dat Landbou Boerekos nie al beskikbaar is nie. My seun het my al begin spot. “Pa, moenie bekommerd wees nie, hy sal kom op sy tyd.”

Die uitgawe lees so lekker. Daar is heerlike resepuitda­gings wat ek op my huismense gaan toets. Hulle is saam opgewonde. Sedert ons Landbou Boerekos ontdek het, het my huismense fynproewer­s geword, en ek die onbetwiste man wat die voorskoot dra. Selde word ’n resep herhaal, en nog nie een keer was dit nié ’n sukses nie. Boerekos nr. 5 is weer vol belofte wat op gastronomi­ese lekkerte dui.

Emile Joubert se slotwoord is ’n ander soort lekkerte. Dit is soos ’n heerlike nagereg wat altyd ’n plekkie in jou maag vind ná ’n wonderlike maaltyd. Dis spitsvondi­g raak geskryf. Dit laat my met nuwe oë kyk na die Kersete. Dieselfde waarheid geld vir enige ete saam met familie, vriende, jou naaste of die onverwagte gas van die straat. Sonder innerlike geluk en medemensli­kheid aan jou tafel sal jy altyd honger bly. Dis so waar. Dankie, Emile Joubert.

Ek sien baie uit na die Mei 2015-uitgawe en kan nie wag vir die kenners se wyshede en vleisresep­te nie. Ek het onlangs weer beeslewer ontdek. Dit is relatief goedkoop. Ek het egter nie ’n behoorlike lewerresep wat my huismense se monde laat water nie. Net ’n versoek vir ’n lewerresep.

Dankie, Landbou Boerekos. LP LOUW, Bronkhorst­pruit

Dankie vir jou brief, LP. Loer op bladsy 99 en 100 vir resepte met lewer. – Red.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa