Landbou Boerekos

NUTTIGE BENAMINGS

-

Rypmaking is ’n natuurlike proses waartydens spierprote­ïene deur middel van ensiemwerk­ing afgebreek word. Vleis moet ordentlik rypgemaak word. Die resultaat is sagter, sappiger en

geuriger vleis. Lardering is raadsaam as jy met maer vleissoort­e of –snitte werk. Skaapstert­vet of varkspek kan daarvoor gebruik word. Jy gebruik ’n lardeernaa­ld om stukkies vet saam met die grein van die vleis in die

vleissnit in te stop. Bardering is die tegniek wat gebruik word om vet, soos netvet of spekvleis, om ’n vleissnit te draai en só te verseker dat die vleis van buite met vet bedruip word

terwyl dit gaar word. Oondbraai: Vleis word onbedek, met die vetkant na bo, op ’n rakkie in

die oond gebraai. Rooster: Jy kan vleis in die oond, in ’n pan of oor kole rooster. Om te rooster beteken dat vleis onbedek oor hoë hitte en sonder vloeistof (net met ’n bietjie olie)

gaargemaak word. Braai: Kos word in olie gaargemaak.

Jy kan diepvetbra­ai, vlakbraai of roerbraai. Die eerste twee metodes is vanselfspr­ekend. Die kos lê meestal stil in die pan of kastrol wat jy gebruik, afgesien van wanneer dit omgedraai moet word. By roerbraai, aan die ander kant, word baie min olie gebruik, die hitte is baie hoog en die kos word heeltyd rondbeweeg

terwyl dit gaar word. Stowe, smoor en potbraai is baie soortgelyk­e klamhitte-gaarmaakme­todes. By ál drie word klam hitte (deksel op en

vloeistof bygevoeg) gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa