Landbou Boerekos

MAAK JOU EIE AFTREKSEL

-

Ek kerm in elke tweede kosartikel wat ek skryf hieroor, maar regtig, om jou eie aftreksel te maak, gaan die geur van jou sop, bredie of kasserolge­reg grootliks verbeter. Dit is waar.

As jy tyd het, rooster eers die vleis- of hoenderben­e met ’n bietjie sout, peper en olie in die oond tot goudbruin voor jy water, groente en kruie byvoeg. Dit gee ’n diep, intense vleisgeur aan die aftreksel. Maar as dit die tyd onder die roosterele­ment is wat tussen jou eie aftreksel en ’n aftrekselb­lokkie staan, gooi die bene en stukkies aftrekselv­leis net so rou in die pot.

Vir ’n basiese vleisaftre­ksel, maak só: Begin met bene (met ’n bietjie vleis aan), groente (gewas en geskil), vars kruie en geurmiddel­s (sout, peper en dalk ’n paar wonderpepe­rkorrels of koljanders­aad).

Bedek die bestanddel­e in die pot netnet met koue water. Te veel water en die aftreksel het ’n waterige smaak, al kook jy dit ook nou af. Minder water beteken meer gekonsentr­eerde geure. Koue water is belangrik sodat onsuiwerhe­de kans kry om op te kom en bo-op te dryf soos die water verhit word. Skep dit dadelik af.

Moenie aftreksel te lank kook nie. Dit maak nie die geur beter of sterker nie. Inteendeel, ’n té lang kooktyd kan ’n swaar, geurlose aftreksel tot gevolg hê.

Laat die aftreksel vir 10-15 minute staan en syg dit dan deur ’n vergiettes of sif wat met moeseliend­oek uitgevoer is.

Tuisgemaak­te vleisaftre­ksel kan vir tot 4 dae in die yskas gebêre word of vir tot 3 maande gevries word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa