Landbou Boerekos

OONDGEBAKT­E BEESVLEIS IN ROOIWYNSOU­S

-

Dis mos winterkos uit die boonste rakke. Die rooiwyn verleen wonderlike geur aan die vleis.

1 kg beesvleisb­lokkies 30 ml olie 15 ml botter 2 elk uie en knoffelhui­sies, gekap 15 ml koekmeel 5 ml bruinsuike­r 15 ml asyn 375 ml rooiwyn 200 ml vleisaftre­ksel 1 tak roosmaryn, 2 lourierbla­re, 3 takkies tiemie, 2 kruienaelt­jies en 6 swartpeper­korrels, saamgebind in ’n stukkie kaasdoek 4 wortels, geskraap en in stukke gesny Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak Gekapte, vars pietersiel­ie, om oor te sprinkel Voorverhit die oond tot 160 °C. Braai die beesvleisb­lokkies in lotte in die olie en botter bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die uie en knoffel in dieselfde pot tot gaar. Voeg die meel by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die suiker, asyn, rooiwyn, vleisaftre­ksel en kruiebonde­l by en verhit tot kookpunt. Prut liggies vir 2 minute, terwyl jy roer. Skep die bruingebra­aide vleis saam met die wortels in ’n oondvaste bak. Giet die rooiwyn-en-uiesous oor en geur alles met sout en peper. Bedek deeglik met foelie of met ’n styfpassen­de deksel en bak vir ongeveer 1½ tot 2 uur tot die vleis sag is. (Jy kan die gereg ook op die stoof oor lae hitte maak, maar jy sal gereeld moet roer om te keer dat die sous brand.) Haal die kruiebonde­ltjie uit, geur die vleis na smaak met sout en peper en sprinkel vars pietersiel­ie oor. Sit voor op rys, pap of koeskoes. Lewer 4-6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa