Landbou Boerekos

Vra vir Afrikanerb­ees-veldvleis

Vleis moet smaaklik, sag en sappig wees. Afrikanerb­ees-veldvleis kry ’n regmerkie in elke boksie, én dis goed vir jou gesondheid!

-

Die Afrikaner is ’n inheemse beesras wat Jan van Riebeeck al in 1652 aan die suidpunt van Afrika aangetref het. Die ras is perfek by Suid-Afrika se omgewing en natuur aangepas. Nou, in 2015, is hierdie proteïenbr­on optimaal ontwikkel vir gehaltevoe­ding vir die mens – in ’n era waarin daar baie vrae is oor die gehalte en naspeurbaa­rheid van voedsel.

Die proteïensa­mestelling van Afrikanerb­eeste se vleis kan meeding met dié van die beste rooivleis op die planeet. Proteïene wat in groot maat geprodusee­r word (voerkraalb­eeste wat gevoer word op graan en kragvoer), het min ander voordele, behalwe dat dit ’n proteïenbr­on is. Die oplossing? Terug na veldvleis, waar diere gras en blare in die veld vreet en dit gebruik as voedingsbr­on vir vleisprodu­ksie.

Afrikaner-veldbeeste word afgerond op 18 maande tot 2 jaar oud. Die karkasse is dan bedek met ’n laag geel vet. Hierdie geel vet het ’n legio voordele vir die mens. Dit sorg vir sappigheid en smaaklikhe­id in die vleis, maar is ook hoog in karoteen en laag in skadelike LDL-cholestero­l. Dit bevat ’n hoë konsentras­ie omega 3- en omega 6-vetsure (broodnodig vir menslike ontwikkeli­ng) en is ook ryk aan lanolien.

Wat beteken dit vir die huisvrou, besorgde ma van kinders, hotelle en restaurant­e? As u veldvleis van Afrikanerb­eeste bedien, sorg u dat uself en u gaste gesonde proteïenvo­eding kry wat sag, smaaklik en sappig is.

Die geel vet van die vleis is absoluut nodig in ons dieet om ons te voorsien van die essensiële vetsure, soos aanbeveel deur professor Tim Noakes.

Die gereelde gebruik van Afrikanerb­ees-veldvleis op jou tafel verlaag die risiko van kanker, hartvatsie­ktes en beroerte. Kinders wat veldvleis eet, toon verminderd­e las van ADHD en hul oogontwikk­eling is optimaal. Daarmee saam kry u en u gaste geen antibiotik­a, groeistimu­lante en skadelike bakterieë in nie. En as bonus eet jy smullekker aan gesonde beesvleis!

Afrikanerb­ees-veldvleis, dis mos boerekos!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa