Landbou Boerekos

Lamsvleisp­otjie

-

1,2 kg stowelamsv­leis 60 ml Safari Biltong Seasoning 60 ml olie 2 uie en knoffelhui­sies, grof gekap 2 brandrissi­es, ontpit en fyn gekap 250 ml Meisterclu­b Red Wine & Rosemary Marinade 500 ml water 400 g baba-aartappels, gehalveer 300 g gemengde vars groente, voorberei vir die pot

Besprinkel die lamsvleis met Safari Biltong Seasoning. Sprinkel 10 ml van die olie oor die vleis en meng dit goed deur met jou hande. Laat staan vir 10 minute. Verhit die res van die olie in ’n middelslag-driepootpo­t oor warm kole en braai die vleis in lotte daarin bruin. Sodra die vleis alles bruin gebraai is, krap van die kole onder die pot weg. Skep ál die vleis terug in die pot en voeg die uie, knoffel en brandrissi­e by. Braai stadig tot die uie sag is. Meng die Meisterclu­b Red Wine & Rosemary Marinade en water saam en giet dit oor die vleis in die pot. Roer liggies deur, bedek die pot en krap weer ’n paar warm kole onder die potjie in. Laat die pot prut vir ongeveer een en ’n half uur of tot die vleis sag is, maar nog nie van die bene af val nie. Maak die pot oop, voeg die baba-aartappels by en bedek weer. Prut vir ’n verdere 15-20 minute. Roer die pot en skep die res van die groente bo-op. Laat prut vir 2 minute en haal dan die pot van die kole af. Laat staan die pot eenkant, steeds met die deksel op, vir nog 5 minute sodat die groente kan gaar stoom. Skep op en sit voor saam met So Good Potbrood. Lewer 10 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa