Landbou Boerekos

SKAAPSKENK­ELKERRIE

-

Daar moet net ’n effense byt in die lug wees, dan is dit vir my genoeg rede om hierdie kerrie te maak. En skenkels is weer my eerste keuse hiervoor. Die murg in die bene word deurtrek met die geurige kerriesous. Jy moet net sorg dat jy saam met mense eet wat nie skaam is om bene af te eet en murg uit te suig nie. (As jy nie van sterk kerrie hou nie, laat die brandrissi­e uit en verminder die kerriepoei­er tot 5 ml.)

4 groot skaapskenk­els, in 2 cm-skywe gesaag 60 ml olie 1 ui, gekap 3 knoffelhui­sies, fyn gekap 10 ml fyngeraspe­rde, vars gemmer 5 ml gemaalde koljander 5 ml fyn komyn 10 ml sterk kerriepoei­er 1 groot kaneelstok 2 steranyssa­de 1 rooi of groen brandrissi­e, met pitjies en al fyn gekap 1 x 410 g-blik gekapte tamaties Water (of flou vleisaftre­ksel) Sout, vars gemaalde swartpeper en bruinsuike­r na smaak Vars koljander of pietersiel­ie

Verhit die olie in ’n swaarboomp­ot en braai die skenkels bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die ui in dieselfde pot tot sag. Voeg die knoffel, gemmer, koljander, komyn, kerriepoei­er, kaneelstok, steranys en brandrissi­e by en braai vir ’ n paar minute tot geurig. Voeg die tamaties by. Maak die tamatiebli­k twee keer vol water (of flou vleisaftre­ksel) en voeg dit ook by. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 5 minute. Geur die sous met sout, peper en ’n knippie bruinsuike­r na smaak. Sit die skenkels terug in die pot, bedek en prut lank en stadig (ongeveer 3 uur) tot die vleis baie sag is. (As dit lyk of die sous te min word, voeg ekstra water by.) Roer nou en dan. Rond af met ’n skeut vars suurlemoen­sap en sprinkel gekapte, vars koljanderb­lare of pietersiel­ie oor. Sit voor op gestoomde witrys. Lewer 4-6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa