Landbou Boerekos

VARKSKENKE­LPASTEI MET APPEL EN SALIE

-

Skenkels bevat natuurlike gelatien wat vrygestel word wanneer dit lank en stadig gaargemaak word. Dis dus die ideale vleissnit om vir hierdie pastei(e) te gebruik omdat jy wil hê dat die vulsel ’n mate van vorm moet behou wanneer jy die pastei sny. Die varkpastei met sy heerlike, ryk brosdeeg is vir my op sy lekkerste teen kamertempe­ratuur met romerige koolslaai, ’n skeppie goeie heelkorrel­mosterd en vars appelslaai daarby. Maar jy kan dit net so maklik warm voorsit met ’n romerige aartappelg­ebak en ander warm groente daarby.

Ryk brosdeeg 1 125 ml koekmeel 10 ml sout 250 g koue botter, gerasper of in klein blokkies gesny 180 ml koue, vars room of suurroom Yswater, indien nodig

Vulsel 5 vars varkskenke­ls 2 bottels appelbier, soos Savanna Water Hand vol growwe sout Hand vol salieblare 15 ml vars gemaalde swartpeper 30 ml olie 2 uie, fyn gekap 3 knoffelhui­sies, fyn gekap 125 g (halwe pak) spekvleis, baie fyn gesnipper 3 groen appels, geskil, ontpit en gerasper 15 ml fyngekapte, vars salie 3 snye wit- of volgraanbr­ood, fyn gekrummel 10 ml aangemaakt­e Engelse mosterd Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 1 eier, geklits 45 ml melk

Maak eers die deeg: Pols die meel, sout en botter in ’n voedselver­werker tot krummelrig. Voeg die room of suurroom by en pols tot klam krummels vorm wat aan mekaar begin vassit (as die mengsel nog te droog lyk, voeg ’n paar druppels yswater by). Keer uit op ’n werksopper­vlak en druk bymekaar. Draai toe in kleefplast­iek en verkoel vir minstens 30 minute of tot jy reg is om die deeg te gebruik. (Die deeg vries ook goed.) Vir die vulsel: Voorverhit die oond tot 180 ° C. Sit die skenkels in ’ n diep, oondvaste swaarboomp­ot. ( Gebruik ’ n kleinerige pot sodat die skenkels styf teen mekaar in ’n enkellaag lê.) Voeg die appelbier by en voeg genoeg water by sodat die skenkels heeltemal met vloeistof bedek is. Sprinkel die growwe sout, salieblare en peper oor. Bedek met ’n stewige deksel en sit in die oond. Bak vir ongeveer 3 uur of tot die skenkels so sag is dat die vleis van die bene afval. Haal uit die oond, skep die skenkels uit en laat afkoel. Sit die pot op ’n stoofplaat en kook die vloeistof af tot daar ongeveer 250 ml daarvan oor is. Hou dit ook eenkant, tot afgekoel. Sodra die skenkelvle­is koud genoeg is, sny die vel af en gooi die vel weg. Sny die vleis van die bene af en vlok dit met ’n vurk in klein stukkies. Hou die vleis eenkant en gooi die bene weg. Verhit die olie in ’n pan en braai die uie, knoffel en spekvleis stadig tot gaar. Voeg die gerasperde appel, salie, broodkrumm­els en mosterd by. Roer deur en voeg die gevlokte varkvleis by. Voeg genoeg van die afgekookte aftreksel by om die vulsel net genoeg aan te klam (jy soek ’n vulsel wat net-net bymekaarge­druk kan word, nie ’n papsagte vulsel nie). Geur na smaak met sout en peper. Verkoel die vulsel tot benodig. Om die pastei te maak: Voorverhit die oond tot 200 ° C. Haal die deeg uit die yskas en laat dit ’n paar minute buite staan tot hanteerbaa­r. Verdeel die deeg in twee stukke: ’n groot stuk (ongeveer twee derdes van die deeg) en ’ n kleiner stuk (’ n derde van die deeg). Rol eers die groot stuk op ’n meelbestro­oide oppervlak uit. Gebruik dit om ’n gesmeerde pasteibak (of individuel­e pasteibakk­ies) uit te voer. Sny die kante netjies bo. Skep die afgekoelde vulsel in die uitgevoerd­e pasteibak( ke). Druk dit goed vas met die agterkant van ’n houtlepel sodat die vulsel goed saamgepers is. Rol die kleiner stuk deeg ook uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en bedek die bokant van die pastei(e) daarmee. Sny die kante netjies. Gebruik enige afvalstukk­ies deeg om die pastei(e) bo-op te versier. Klits die eier en melk saam en verf oor die pastei(e). Bak vir 15-20 minute. Verlaag dan die oondtemper­atuur na 170 °C en bak vir nog 15 minute tot die deeg goudbruin en bros en die vulsel deurwarm is. Lewer 6-8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa