Landbou Boerekos

GEROOKTE, SOUT VARKBOUD

-

Hierdie resep is ’n maklike manier om dié Kersfees-staatmaker flatervry gaar te maak.

2 kg rou, gerookte varkboud, verkieslik in ’n vleisnet 5 cm-stuk vars gemmer, in skyfies gesny 1 ui, gehalveer Fyn sout

Smeermengs­el 45 ml heuning 30 ml bruinsuike­r 10 ml balsamiese asyn

Plaas die varkboud in ’n groot, diep kastrol saam met die gemmerstuk­kies en ui. Bedek heeltemal met koue water en verhit tot kookpunt. Laat kook die boud vir 30 minute per 500 g vleis (’n varkboud van 2 kg sal met ander woorde 2 uur lank kook). Verwyder die kastrol van die hitte en laat die boud in die aftreksel afkoel tot dit koud genoeg is sodat jy dit met jou hande kan uithaal sonder om te brand. Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n groot bakplaat met foelie uit. Sit die varkboud met die velkant na bo op die bakplaat neer. Knip die vleisnet los indien die boud in ’n net was. Maak die vel versigtig aan die een kant van die boud los en trek dit stadig af. Jy behoort nou ’n egalige vetlaag op die boud te hê. Gebruik ’n skerp mes en maak vlak insnydings, 1 cm uitmekaar, diagonaal oor die vetkant van die boud. Wees versigtig om nie te diep te sny nie. Doen dit ook in die teenoorges­telde rigting sodat die vetlaag diamantvor­mige insnydings het. Besprinkel die vetlaag met fyn sout en laat staan vir 5 minute. Meng die bestanddel­e vir die smeermengs­el saam tot goed gemeng. Gebruik sommer jou hande en smeer die mengsel goed in die vetlaag in. Sit die boud in die oond en oondrooste­r tot die vetlaag bros en goudkleuri­g is. Laat die varkboud vir 10 minute rus, sny in skywe en sit voor met bykos. Lewer 8-10 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa