Landbou Boerekos

Wildsvleis­lasagne in ’n swartpot

-

Vleissous 45 ml olie 2 uie, fyn gekap 3 knoffelhui­sies, fyn gekap 1,5 kg wildsmaalv­leis 250 g So Good Italian Tomato Base 1 liter water Witsous 250 g So Good White Sauce Base 1 liter water Swartpeper na smaak

Om saam te stel 500 g lasagnevel­le 250 ml gerasperde cheddarkaa­s

Verhit die olie en braai die uie en knoffel daarin tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Roer gereeld. Voeg die So Good Italian Tomato Base en water by. Verhit tot die vleissous kook en laat prut onbedek, terwyl jy roer, vir 10-15 minute. Verwyder van die hitte en laat staan vir 10 minute terwyl jy die witsous voorberei. Vir die witsous: Gooi die So Good White Sauce Base in ’n kastrol en voeg ’n liter water (teen kamertempe­ratuur) by. Verhit stadig, terwyl jy klits, tot die sous kook. Prut vir ongeveer 5 minute tot die sous verdik en gaar is. Verwyder van die hitte en geur met vars gemaalde swartpeper na smaak. Om saam te stel: Neem ’n nr. 3-platboomsw­artpot. Begin met ’n dun lagie van die vleissous onder in die pot. Pak ’n laag lasagnevel­le boop. Skep weer ’n dun lagie vleissous oor die pastavelle, gevolg deur ’n paar lepels witsous. Dan weer ’n laag lasagnevel­le, vleissous en witsous. Herhaal die proses en eindig met ’n dun vleislagie en ’n dik laag witsous bo-op. Sprinkel die kaas oor. Laat staan die lasagne vir 30 minute voor jy dit op die kole sit (jy kan dit ook in die oond bak). Om gaar te maak: Sit die swartpot op ’n potstaande­r oor matige kole en skep ’n paar klein kooltjies op die pot se deksel (om die kaas lekker bruin te bak). Sorg dat die kole onder die pot matig bly. Laat staan die pot vir so 30-40 minute tot borrelend warm en deurgebak. Sit voor met ’n mengselsla­ai. Lewer 12 groot porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa