Landbou Boerekos

KERRIE-AFVAL

-

Die koning van alle afvalgereg­te. Selfs nieafvalet­ers sal nie hierdie lekkerny, soos Hetta dit maak, kan weerstaan nie.

1 volledige skaapafval, goed skoongemaa­k Sout en vars gemaalde swartpeper 15 ml vars suurlemoen­sap of wit asyn Water 3 uie, grof gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 45 ml olie 45 ml kerriemeng­sel (maak jou eie, dis altyd lekkerder — sien “Kombuiswen­k” hiernaas) 10 ml borrie 15 ml wit asyn 30 ml appelkoosk­onfyt 5 aartappels, geskil en in stukke gesny

Spoel die afval ( pens in blokkies gesny, pootjies net so en kop in stukke) deeglik af en sit in ’n groot kastrol. Geur met sout, peper en ’n eetlepel suurlemoen­sap of asyn. Bedek die afval met water en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 2 uur. (Onthou ’n jong skaap of lam se afval kook gouer sag; voeg dus die kerriemeng­sel ’n bietjie vroeër al by.) Terwyl die afval kook, braai die uie en knoffel oor lae hitte in die olie tot sag. Voeg die kerriemeng­sel en borrie by en braai vir ’n paar sekondes tot geurig. Voeg die asyn en appelkoosk­onfyt by. Voeg die kerriesous saam met die aartappels by die afval, roer deur en verhit weer tot kookpunt. Bedek en prut vir nog ’n uur (of ’n bietjie langer) tot die afval doeksag is. Druk twee van die aartappels met ’n vurk fyn om die sous te verdik, indien nodig. Geur die afval met sout en peper na smaak en sit voor op rys. Lewer 5 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa