Landbou Boerekos

Springboks­osaties

-

1,2 kg springbokb­oudvleis, in hapgrootte blokkies gesny Paar druppels vars suurlemoen­sap 250 ml Meisterclu­b Egte Sosatie Marinade 1 groot ui, in kwarte gesny en lagies losgemaak 10-12 droëpere, in kwarte gesny Kookwater

Pak die vleisblokk­ies in ’n enkellaag in ’n niemetaalb­ak en sprinkel ’n klein bietjie vars suurlemoen­sap egalig oor die vleis. Gooi die Meisterclu­b Egte Sosatie Marinade bo-oor en meng dit goed deur met jou hande sodat elke vleisblokk­ie met ’n lagie marinade bedek is. Bedek met kleefplast­iek en verkoel minstens 4 uur lank, maar verkieslik oornag. Haal die vleisblokk­ies uit die yskas en laat dit staan tot dit kamertempe­ratuur bereik het. Gooi intussen die stukkies ui en gesnyde droëpere in ’n bak en bedek met kookwater. Laat staan vir sowat 20 minute (ongeveer die tyd wat dit gaan duur vir die vleis om die regte temperatuu­r te bereik). Ryg die gemarineer­de vleisblokk­ies op sosatiesto­kkies, afgewissel met stukkies ui en stukkies droëpere. Verf elke sosatie met van die Meisterclu­b Egte Sosatie Marinade wat in die vleisbak oorgebly het. Braai die sosaties oor die kole of in ’n warm riffelpan (of oondrooste­r dit) tot gaar na jou smaak. Geur liggies met ’n klein bietjie sout terwyl jy braai. Verf met nog ’n bietjie van die Meisterclu­b Egte Sosatie Marinade terwyl jy dit braai of rooster, indien verkies. Sit die sosaties warm voor met roosterkoe­k en slaai. Lewer 6-8 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa