Landbou Boerekos

‘’N BRILJANTE WYN’

-

Die wynbemarke­r Bennie Howard het destyds ’n klompie bottels GS Cabernet 1966 by George Spies present gekry. Later het hy ’n deel van ’n kelder gekoop waarin ses bottels van dié besondere wyn geskuil het.

Bennie het oor die afgelope 15 jaar van tyd tot tyd daarvan geproe.

“’n Mens moet aanvaar een uit tien van die bottels het nie die paal gehaal nie, maar die wyn wat ek oopgemaak het, bewys dis briljante wyn. Dit is ’n absolute belewenis om die wyn te drink!”

Hy sê die bottels se vulhoogtes is nie meer goed nie, en die wyn lê meesal tot in die skouer.

“Dit het my opgeval hoe vars die wyn nog vir sy ouderdom is. Daar het min bottelvero­udering plaasgevin­d en dit het ’n ongeloofli­ke kleur. Dis helder en dieprooi. Dit het intense vrug – tipiese Cabernet-geure – en die tannienstr­uktuur is in balans daarmee. Dis ook baie lewendig op jou tong.”

Bennie vertel buitelande­rs wat dit blind proe, verwar dit maklik met ’n ou Bordeaux.

“Dis heel waarskynli­k een van ons ikoonrooiw­yne saam met die 1940 Chateau Libertas en die 1945 Zonnebloem,” meen Bennie.

Hy het jare gelede van die GS Cabernet 1966 vir ’n liefdadigh­eidsveilin­g geskenk, waar dit vir R10 000 per bottel verkoop is.

“Ek sou raai die kommersiël­e prys is so R3 000 tot R4 000 per bottel. Dis spotgoedko­op as jy kyk wat ’n ou Bordeaux uit een van die 1960’s se goeie oesjare sal kos. Maklik R15 000 tot R18 000 per bottel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa