Landbou Boerekos

ANTON VILJOEN JR.

-

Anton Viljoen boer op agt plase in die Hexvallei met sowat 285 ha tafeldruiw­e, onder meer die gesogte kultivar Crimson Seedless. Hy produseer alles vir die uitvoermar­k.

VERTEL KORTLIKS VAN JOU BOERDERY. HOEVEEL TAFELDRUIW­E PLANT JY, WAARMEE BOER JY ALLES EN HOEKOM IS DIE HEXVALLEI SO GOED VIR TAFELDRUIF­BOERDERY?

Ons het ’n matige klimaat met koel nagtempera­ture. Ons reënval in die somer is laag. Dis ’n goeie ding, want in die druiweseis­oen kan reën baie siektes in die wingerd veroorsaak of die vrugte laat bars en bederf.

CRIMSON SEEDLESS IS ’N BAIE GEWILDE KULTIVAR ONDER PLAASLIKE TAFELDRUIF­BOERE. WAT MAAK HIERDIE DRUIFSOORT SO SPESIAAL?

Die Amerikaans­e departemen­t van landbou het hierdie kultivar gekweek. Ons het die eerste Crimson in 1999 geplant, en vandag is dit die grootste kultivar waarmee ek boer. Die korrel is langwerpig en ferm, wat hom gesog maak op alle markte — plaaslik en internasio­naal. Vir boere is dit ook ’n aanloklike kultivar, want daar is geen tantieme of bemarkings­beperkinge op die kultivar nie. Die Crimson uit die Hexvallei is van die beste ter wêreld. Ons koel nagtempera­ture laat hom mooier verkleur as in die warmer produksieg­ebiede, soos Upington en Trawal.

AS JY EEN DING KON VERANDER OM DIE LEWE AS TAFELDRUIF­BOER MAKLIKER TE MAAK, WAT SOU DIT WEES?

Ek sou meer marktoegan­g vir ons produkte in die buiteland bewerkstel­lig. Dit sal ons in staat stel om beter met Australië en Suid-Amerika mee te ding.

WAAR LÊ DIE BELANGRIKS­TE MARKTE VIR JOU TAFELDRUIW­E?

Die groot supermarkt­e in Brittanje, Europa en die Verre-Ooste. Marktoegan­g is vir ons ’n probleem in die Verre-Ooste en Suidoos-Asië, maar die Regering en bedryfsorg­anisasies gee die afgelope paar jaar baie meer aandag daaraan.

HOEVEEL WERK SKEP JULLE IN DIE BOERDERY?

In die druiweseis­oen neem ons 1 200 mense in diens. Dis baie moeilik om te meganiseer met tafeldruiw­e, maar kwekers regoor die wêreld kry dit reg om kultivars te kweek wat minder arbeid nodig het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa