Landbou Boerekos

ROB SYMONS

-

Rob Symons se Zoeloe-bynaam is MuthiMuthi, wat “hoë boom” beteken. Hy verbou organiese kruie en groente op sy plaas, Broadleaze (170 ha), in die Mkondeniva­llei naby Pietermari­tzburg. Hy kan nie voorbly om in die vraag daarna te voorsien nie.

JOU PASSIE IS ORGANIESE BOERDERY. WAT IS DIE VOORDELE DAARVAN?

’n Organiese boer dink eerstens aan die grond. Die organiese produksies­telsel bou grond op pleks van om dit uit te put, soos in konvension­ele boerderyst­elsels. Dis omgewingsv­riendelik en bevorder biodiversi­teit. Dis ook koolstof-negatief. Die resultaat is gesonde voedselpro­dukte.

WATTER SOORTE KRUIE VERBOU JY EN WAAR BEMARK JY DIT?

Roketslaai is my grootste verkoper. Ek verkoop ook slaaipakke met blaarslaai en ander eetbare groenighed­e. Verder verbou ek roosmaryn, Italiaanse pietersiel­ie, tiemie, oreganum, salie, wilde roket, sprietuie, knoffel-sprietuie, basiliekru­id, sitroengra­s en Viëtnamese koljander. Dit word in groot maat of in 40 g-pakkies in klein- en groothande­lwinkels in Pietermari­tzburg en Durban verkoop. Ek verkoop ook kruieplant­jies in potte

op die Karkloof-boeremark.

WAT IS ’N ORGANIESE BOER SE GROOTSTE UITDAGING?

Tyd! Organiese stelsels werk met die natuur en vaar gevolglik die beste wanneer die natuur se pas gevolg word. Die probleem is wanneer organiese boerdery die vinnige pas van ons ekonomiese stelsel ontmoet. Dit duur ongeveer 8 jaar tot 10 jaar om ’n organiese boerdery-omgewing te skep. Boere soek weens finansiële druk kortpaaie, wat in mislukking eindig. Organiese plase is ook meer arbeidsint­ensief, wat die produksiek­oste laat styg.

IS DIE KLIMAAT IN JOU GEBIED IDEAAL VIR GROENTE- EN KRUIEPRODU­KSIE?

Ons gebied is nie uitstekend vir kruieen groentepro­duksie nie. Ons is in ’n somerreëns­treek met warm, humiede somers geleë, wat swamsiekte­s laat gedy. Donsige skimmel maak dit moeilik om goeie basiliekru­id te produseer. Ons ervaar ook al die afgelope twee jaar ’n droogte.

MET WATTER KRUIESOORT KOOK JY GRAAG?

Ek eet roket die meeste. Ek hou daarvan in slaaie, en dis wonderlik in ’n potjie. Ek hou ook van die geure van roosmaryn en basiliekru­id. Niks kom by gebakte lamsvleis met roosmaryn nie, en basiliepes­to is my gunsteling-pastasous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa