Landbou Boerekos

’NTYDTOEKER­SFEES NOGKERSFEE­SWAS…

-

Toe ek deur julle Somer-weergawe van Boerekos blaai, het ek dadelik nostalgies geraak. Die herinnerin­ge van my kinderdae het oor my gespoel, van my Ouma wat douvoordag opgestaan het om seker te maak dat die blikke vol koekies, die flesse vol ingelegde vrugte en tuisgemaak­te konfyt was.

Die koekblikke het natuurlik nie vol koekies gebly nie, want ons kinders het baie innoverend­e maniere uitgedink om uit die “weggesteek­te” koekblikke koekies te “steel”, ongeag hoe hoog of hoe ver dit buite ons bereik gebêre is. Die koolstoof is al vroegoggen­d gestook om seker te maak dis net die regte temperatuu­r vir die brood of beskuit wat nou-nou gebak gaan word, waarna die reuk van vars gebakte brood, beskuit, vanielje en kaneel natuurlik die huis gevul het.

Kersfees by Oumie was plein gesê: “Magical.” Dit was voor alles kommersiee­l geword het en waar liefde, familie en samesyn nog saak gemaak het, en nie die grootte of koste van die geskenk nie. Waar jy in bewonderin­g opgekyk het na die sterreruim se merkwaardi­gheid en alomasemro­wendheid van die Here se Skepping, en waar stories vertel is hoe die Melkweg eintlik deur Kersvader se slee en bokkies nagelaat is.

My Ouma was ’n fenomenale vrou en haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Sy is in 1996 skielik aan ’n hartaanval oorlede en het ’n groot leemte gelos, maar sy sal vir ewig in ons harte saamleef. Die herinnerin­ge sal altyd by my bly en ek verlang terug na ’n eenvoudige­r tyd waar Kersfees nog Kersfees was en waar families nog in liefde bymekaar gekom het.

As huldeblyk aan my Ouma het ek het besluit om terug te gaan na my wortels en geskenke vir familie en werkskolle­gas te maak: ’n boks vol verskillen­de tuisgemaak­te koekies, mooi in sakkies en linte toegedraai sowel as tuisgemaak­te tamatiebla­tjang.

Dit was harde werk en lang ure en nagte, maar dit was die moeite werd en bevredigen­d, veral as jy toekyk hoe vinnig die inhoud van daardie bokse verdwyn het. Niks kan daardie lekker, warm hartsgevoe­l vervang nie.

Sedert ek Boerekos koop, kan ek eenvoudig nie vir die volgende uitgawe wag nie. My hande jeuk al klaar en die volgende uitgawe is nog nie eens op die rak nie! IRENEJANSE­VANNOORDWY­K Krugersdor­p, Johannesbu­rg

is op Facebook! Gesels met ons kosredakte­ur oor resepte, loer wat gebeur agter die skerms by fotosessie­s, leer meer oor plaasprodu­kte en kry resep-inspirasie. Daar is ook gereeld lekker kompetisie­s waaraan jy kan deelneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa