Landbou Boerekos

Groenertji­e-falafel met hummus en Turkse slaai

-

Falafel is ’n gewilde Midde-Oosterse happie wat tradisione­el van kekerertji­es gemaak word, maar Steve se weergawe, waarvoor hy droë groenertji­es gebruik, het nie net ’n heerlike ligte tekstuur en mooi kleur nie, maar is ook baie goedkoper om te maak.

Falafel 1 sak (500 g) droë groenertji­es, vir 24 uur in water geweek 1 groot ui 1 groot wortel 4 knoffelhui­sies Hand vol elk pietersiel­ie, koljanderb­lare en vars kruisement 10 ml elk gemaalde koljander, komyn, paprika, kaneel en koeksoda 1 eier 30 ml koekmeel Sout en varsgemaal­de swartpeper Olie, vir braai

Hummus 1 blik (410 g) kekerertji­es, gedreineer en afgespoel 10 ml elk komyn en paprika 2 knoffelhui­sies 45-60 ml tahini (sesamsaadp­asta) Sap van 2 suurlemoen­e Water en olyfolie

Turkse slaai 2 komkommers 4 radyse 10 kersietama­ties 1 rooi-ui Hand vol elk vars kruisement, pietersiel­ie en dille Olyfolie, suurlemoen­sap, sout en peper na smaak

Slaaisous 30 ml tahini Sap van 3 suurlemoen­e Water Sout en fyn swartpeper na smaak

Falafel: Verwerk die geweekte, gedreineer­de ertjies, ui, wortel, knoffel en kruie in ’n voedselver­werker tot fyn. Voeg die speserye, koeksoda, eier en koekmeel by en pols tot redelik glad. Geur met sout en peper. ( Die falafelmen­gsel moet die tekstuur van nat seesand hê en sy vorm behou as jy dit bymekaardr­uk.) Braai teelepels vol van die mengsel in warm olie tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispap­ier en hou warm.

Hummus: Verhit die gedreineer­de kekerertji­es in ’n koppie skoon water tot kookpunt saam met die speserye en knoffel. Gooi dit deur ’ n sif en sit dan die kekerertji­es en knoffel in ’n voedselver­werker. Geur na smaak en pols tot glad. Voeg die tahini en suurlemoen­sap by, asook ’n bietjie olyfolie. Pols verder tot glad en romerig. (Hummus moet smeerbaar wees en nie te dik nie. As jy dit wil verdun, voeg ’n bietjie warm water, pleks van olie, by. Te veel olie kan hummus te ryk en olierig maak.)

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa