Landbou Boerekos

Meellose sjokoladek­oek met geroosterd­e pruime

-

Hierdie dekadente koek móét jy op die proef stel. Die veerligte tekstuur en intense sjokoladeg­eur is werklik iets besonders.

Sjokoladek­oek 350 g donker sjokolade van goeie gehalte 250 ml espresso (of baie sterk koffie) 200 g botter 2 ekstragroo­t eiers 240 ml bruinsuike­r

Pruime 6 pruime ’n Paar kaneelstok­ke en steranys Knippie vinkelsaad 250 ml suiker 250 ml port

Vir die koek: Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n gesmeerde losboomkoe­kpan van 20 cm met waspapier uit. Sit die pan op ’n groot, dubbele vel dik foelie neer en maak dit goed daarin toe, sodat daar geen beslag op die pan kan uitlek nie. Smelt die sjokolade, espresso en botter oor lae hitte saam tot glad. Klits die eiers en suiker baie goed saam tot dit dik en baie lig is. Vou die sjokoladem­engsel versigtig by die eiermengse­l in en giet in die voorbereid­e pan. Sit die pan in ’n groter oondbak en giet kookwater in die bak tot dit halfpad teen die pan opkom. Bak vir ongeveer 45 minute tot ’n toetspen amper skoon uit die middel van die koek kom (daar moet nog ’n paar sjokoladek­rummels aan kleef, maar nie pap beslag nie). Haal die pan uit die warmwaterb­ad en laat die koek vir ’n paar uur in die pan afkoel. Lig die koek versigtig uit die pan op ’n koekbord en sif kakao oor.

Vir die pruime: Voorverhit die oond tot 200 ° C. Halveer en ontpit die pruime. Sprinkel die speserye in ’ n oondvaste bak en pak die pruime (gesnyde kante na onder) op die speserye. Meng die suiker en port en giet oor. Oondrooste­r vir 1015 minute tot die pruime se vel begin verrimpel. Draai die pruime versigtig om en laat dit in die stroop afkoel. Skep die pruime uit en giet die panvloeist­of deur ’n sif in ’n klein kastrollet­jie. Kook die vloeistof af om ’n ligte stroop te vorm en laat dit afkoel tot kamertempe­ratuur. Sit snye van die koek voor met ’n paar pruime, ’n lepel crème fraîche en ’n bietjie van die sous. Lewer sowat 10 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa