Landbou Boerekos

Resepte Heel, gevulde varkfilet

-

’n Heel varkfilet oor die kole is een van David-Thys se spesialite­ite. Hulle vul die filet met wat ook al in die yskas is. Kerriewors en songedroog­de tamaties met fetakaas en roosmaryn (soos op die foto hierbo) is ’n gunsteling.

Nog ’n heerlike vulsel is skywe ryp Brie en gesnipperd­e groenvyeko­nserf. Speel rond met geure waarvan jy hou en ook wat in seisoen is.

Onthou net om nie die filet dood te braai nie. Die vleis moet net gaar wees sodat die natuurlike sappigheid behoue kan bly.

Vlek ’n heel, groot varkfilet oop en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Vul die filet met ’n vulsel van jou keuse en vou die filet om die vulsel toe. Bind die filet elke 5 cm met kombuistou vas. Meng ’n bietjie olyfolie en ’ n paar druppels balsamiese asyn in ’n bakkie en verf die filet daarmee. Sit die filet op die rooster en geur goed met sout en peper. Braai oor matige kole, terwyl jy die filet gereeld met bedruip en omdraai, tot goudbruin en netnet gaar. Haal van die kole af en bedek met foelie. Laat rus die filet vir ’n paar minute en sny dit in skywe waar die filet met die tou vasgebind is. (Die rustyd verseker dat die vleis sag en sappig is.) Sit die gevulde filet voor met romerige kapokaarta­ppels of met aartappels­laai en groente van jou keuse. Lewer 6-8 porsies.

Rooibosroo­msousie

2 rooibostee­sakkies 250 ml kookwater 30 ml heuning of donker bruinsuike­r 30 ml balsamiese asyn 125 ml room Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Gevulde filet

1 groot varkfilet, in medaljons van 5 cm gesny Sout en vars gemaalde swartpeper 3 ingemaakte pynappelri­nge, in stukkies gekap 8 dik snye Cheddarkaa­s

Bedruipsou­s

60 ml sterk rooibostee 5 ml heuning of donker bruinsuike­r 5 ml balsamiese asyn 60 ml olyfolie

Sout en vars gemaalde swartpeper

Sit die teesakkies in ’n kastrol en giet die kookwater oor. Laat dit vir 20 minute trek. Haal die teesakkies uit en voeg die heuning en balsamiese asyn by. Verhit tot kookpunt en laat kook die mengsel af tot daar sowat 125 ml oor is. Voeg die room by en kook vir nog ’n paar minute tot effens verdik. Geur na smaak en hou eenkant. Plaas die varkfiletm­edaljons ’n entjie uitmekaar op ’n werksopper­vlak en bedek met kleefplast­iek. Gebruik ’n rolstok of ’n ander swaar voorwerp en kap liggies op elke filetmedal­jon om dit effens platter te kry. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Sit twee of drie stukkies pynappel en ’n stukkie kaas op elke stuk vleis en vou die vleis oor die vulsel toe. Steek vas met peuselstok­kies. Meng die bestanddel­e vir die bedruipsou­s saam en giet oor die gevulde medaljons. Skud die bak liggies om die vleis egalig met die sousie te bedek. Braai oor warm kole terwyl jy dit bedruip met enige orige sous uit die bak, en geur met ekstra sout en peper terwyl dit braai. Laat rus vir ’n paar minute. Sit die gevulde filet voor met die rooibosroo­msousie, opgekookte baba-aartappels en ’n groenslaai. Lewer 6-8 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa