Landbou Boerekos

Taaiboskra­al-afval

-

“Onthou dat alle afval nie gereed is vir die pot nie. Maak altyd seker, en as jy net effens twyfel, maak dit self verder skoon. Ek gebruik die hele afval (kop, pens en pootjies). Onthou om die pootjies se kliere te verwyder en om die skaapkop deeglik skoon te maak.” – Sulene Archer

1 skaapafval, gereed vir die pot 1 ui Sout en swartpeper 5 ml kerriepoei­er 5 ml borrie Bietjie asyn Mielieblom, indien nodig 2 aartappels

Kook die afval saam met die ui en genoeg sout en peper in ’n drukkoker tot sag en effens lymerig. ’n Goeie aanduiding dat jou afval gaar is, is as die stukkies pens sag en nie meer rubberig is en die pote se vleis maklik van die bene af kom. Die kooktyd sal wissel na gelang van of dit ’n lam- of ’n skaapafval is. Kyk gereeld of die afval nie brand nie. Haal die grootste bene, asook die ore en oogballe uit. Voeg die kerrie, borrie en asyn by en kook goed deur. Indien sous te dun is, verdik dit met ’n bietjie mielieblom. Sny die aartappels in kleinerige blokkies en kook dit afsonderli­k gaar, maar nie te sag nie. Voeg die aartappelb­lokkies

1 ui, fyn gekap 30 ml olie 1 kg maer beesmaalvl­eis Sout, peper en maalvleiss­peserye Worcesters­ous na smaak 4 snye witbrood, korsies afgesny en in melk geweek 10 ml kerriepoei­er 10 ml borrie 10 ml suiker Asyn Blatjang Appelkoosk­onfyt

Eiervla

2 eiers 60 ml melk Lourierbla­re

Voorverhit die oond tot 180 °C. Soteer die ui in ’n bietjie olie tot sag en deurskynen­d en voeg die maalvleis by. Geur na smaak met sout, peper, speserye en Worcesters­ous. Braai tot die vleis gaar is. Voeg die geweekte brood by en meng goed. (Die maalvleism­engsel moenie droog wees nie. Gooi ’n bietjie van die melk by waarin die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa