Landbou Boerekos

Resepte Tinus se potbrood

-

Dié resep is uitgewerk vir ’n no. 12-platboomsw­artpot.

1 kg koek- of broodmeel 1 pakkie (10 g) kitsgis 15 ml sout 10 ml suiker 80 g botter 600 ml louwarm water

Sit die meel, gis, sout en suiker in ’n knieskotte­l en vryf die botter daarby in. Voeg die water by en knie deeglik vir sowat 7 minute. Sodra die deeg goed geknie is en nie meer aan jou hande vasklou nie, vorm dit in ’n bal. Haal die deeg uit die skottel en strooi droë meel onderin die skottel. Plaas die deeg terug in die bak en strooi nog meel oor die deeg. Sit die bak met deeg in ’n swartsak en plaas op ’n warm plek om te rys (vir sowat 45 minute tot ’n uur). Maak ’n vuur op die plek waar die brood gebak gaan word – sommer net so op die grond, maar die braai is ook reg. Smeer die pot met olie of vet, of spuit sommer met kleefweren­de kossproei sodat die brood nie vasbrand nie. Sodra die deeg klaar gerys het, knie dit af, maak ’n mooi, ronde bal en sit dit in die pot. Druk dit mooi plat sodat die pot eweredig vol is. Plaas dit weer op ’n warm plek om te rys. Hou die deeg dop. As dit sowat 30 mm van bo af is, is dit reg om gebak te word. Krap die kole weg en plaas die pot waar die vuur was. Plaas omtrent vyf kole op die rand van die deksel en een in die middel. (Brikette werk nogal goed hiervoor. Gewone houtkole sal vervang moet word voor die brood gaar is.) Plaas ’n paar kole om die pot, sowat 50 mm van die pot af. Bak die brood vir 1 uur. Wanneer die brood gaar is, keer dit op ’n broodbord uit en wag ongeveer 10 minute voor jy dit sny. Lewer 1 groot potbrood.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa