Landbou Boerekos

Skaapvleis­pastei

-

Hierdie resep kan jy ewe maklik met wildsvleis maak. Die uieringe wat saam met die kors gebak word, verleen baie lekker geur en tekstuur aan die pastei.

Vulsel 1,5 kg stoweskaap­vleis op die been Sout en vars gemaalde swartpeper Olie, vir braai 2 kruienaelt­jies 5 wonderpepe­rkorrels 3 takkies roosmaryn Water 30 ml botter of olyfolie 2 uie, gekap 5 knoffelhui­sies, fyn gekap 500 ml vleisaftre­ksel 10 ml sout 60 ml koekmeel 5 ml mosterdpoe­ier 60 ml tamatiepas­ta

Slap deeg 250 ml melk 250 ml kookolie 2 eiers 430 ml koekmeel 20 ml bakpoeier 3 ml sout

1 ui, in ringe gesny (vir versiering)

Geur die vleis goed met sout en peper en braai dit in lotte in ’n swaarboomp­ot bruin in ’n bietjie olie. Sit nou die naeltjies, wonderpepe­r en roosmaryn by en bedek alles met water. Verhit tot kookpunt en kook tot die vleis só sag is dat dit van die bene afval en die vloeistof in die pot min is. Laat effens afkoel en sny die vleis van die bene af en vlok grof. Meng die vleis met die bietjie kookvloeis­tof wat in die pot agtergebly het en hou dit eenkant. Verhit die botter of olie en braai die uie tot sag en gaar. Voeg die knoffel by en braai vir ’n paar sekondes. Sit die vleismengs­el daarby en laat deurkook. Voeg die aftreksel en sout by. Meng die meel, mosterdpoe­ier en tamatiepas­ta tot daar geen klonte in is nie en voeg dit by die vleis. Laat dit goed deurkook, terwyl aanhoudend geroer word. Geur na smaak en skep in ’n gesmeerde pasteibak. Voorverhit die oond tot 180 °C. Vir die deeg: Klits die melk, kookolie en eiers saam. Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n ander bak en voeg die melkmengse­l by. Klits tot glad en giet oor die vleisvulse­l. Pak ’n paar uieringe op die rou beslag en bak vir 30 minute tot die deeg uitgerys en goudbruin is. Sit voor met rys en groente of slaai van jou keuse. Lewer 8-10 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa