Landbou Boerekos

MARLENE DU TOIT

-

Alles. Dit laat my terugdink aan my sorgvrye kinderdae. Ouma se warm kombuis. Stroopdrup-kraakbytko­eksisters. Mosbolletj­ies met dikgesmeer­de plaasbotte­r waarin jou tande wegsink. Melktert en Hertzoggie­s. En natuurlik ’n kan boeretroos aan die sing op die Aga . . . Ai. Nou verlang ek ver. MARIAAN HARTMAN Beslis mosbolletj­ies! As ons vir my ouers gaan kuier het en jy hou buite stil, kry jy die reuk van mosbolletj­ies wat uit die kombuis kom. Ek mis vandag daardie reuk. Ons was versot daarop. Die hele huis het daarna geruik. Dit is as die reuk van ’n plaaskombu­is in my brein en smaakklier­e ingeplant. Tot vandag toe verbind ek dit met plaas! Dol daaroor. ZELDA HENDRIK TOLSMA Beslis koeksister­s! Veral as hulle bros is en drup van die sous! PIETER OPPERMAN My ouma Suzie het die lekkerste Hertzoggie­s ooit in haar Aga gebak. CARIEN NIENABER SENEKAL Sjoe, hoe kies ’n mens? ’n Lekker souserige koeksister! Maar warm mosbolletj­ies wat Ma gebak het met botter wat so smelt, bly maar altyd ook ’n wenner. KOTIE VAN DE VENTER Oe! Beslis koeksister­s en Hertzoggie­s! My gunsteling! GUS NELL Melktert! Lekker – warm of koud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa