Landbou Boerekos

Ouma se bobotie

-

2 dik snye bruinbrood, korsies afgesny 125 ml melk 45 ml olie 1 ui, fyn gekap 1 groot wortel, fyn gerasper 30 ml matige kerriepoei­er 1 kg beesmaalvl­eis 10 ml borrie 30 ml appelkoosk­onfyt 60 ml heel amandels, gerooster en fyn gekap 60 ml pitlose rosyne 30 ml vars suurlemoen­sap Sout en vars gemaalde swartpeper

Bolaag 180 ml melk 3 eiers, geklits Lourierbla­re

Voorverhit die oond tot 180 °C. Week die brood in die melk. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui, wortel en die helfte van die kerriepoei­er daarin oor lae hitte tot die ui sag is. Voeg die maalvleis by en braai tot dit gaar is. Voeg nou die ander helfte van die kerriepoei­er saam met die borrie, konfyt, amandels, rosyne en suurlemoen­sap, asook sout en peper na smaak, by. Roer goed en verhit tot kookpunt. Prut liggies vir ongeveer 10 minute. Voeg die brood en weekvloeis­tof by. Skep die bobotiemen­gsel in ’n gesmeerde oondbak en maak dit gelyk met die agterkant van ’n lepel. Klits die melk en eiers, geur na smaak en giet dit oor die vleis. Druk lourierbla­re in die vleis. Bak vir ongeveer 35 minute tot goudbruin. Lewer 6-8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa