Landbou Boerekos

Tradisione­le hoenderpas­tei

-

Sondagmidd­agkos uit die boonste rakke.

Hoender 2 heel werfhoende­rs 6 kruienaelt­jies 4 lourierbla­re 3 groot takkies vars pietersiel­ie 6 heel peperkorre­ls 1 ui, gehalveer 1 knoffelbol, gehalveer 2 wortels, skoongeskr­aap 3 liter water Hand vol growwe sout Sous Deel 1 45 ml sago 125 ml water 60 ml witasyn 250 ml hoenderaft­reksel (uit die pot waarin die hoender gekook is)

Deel 2 500 ml afgekookte hoenderaft­reksel (sien metode) 30 ml botter 45 ml koekmeel Sout en peper na smaak 125 ml melk Gerasperde neutmuskaa­t

400 g goeie skilferkor­sdeeg 1 eier, geklits

Sit die hoender in ’n groot kastrol en voeg die naeltjies, lourierbla­re, pietersiel­ie, peperkorre­ls, ui, knoffelbol, wortels, water en growwe sout by. Verhit tot kookpunt. Bedek en prut stadig vir 1 uur en 20 minute tot die hoender sag is en uitmekaar begin val. Haal die hoender uit die aftreksel en laat afkoel. Giet die aftreksel deur ’n sif en hou dit eenkant. Gooi die kruie en speserye wat in die sif agterbly, weg. Sny die vleis van die hoenderben­e af en gooi die bene weg. Vlok die vleis en sny dan kleiner. Sny die vel ook fyn en voeg dit by. Sous, deel 1: Verhit die sago en 125 ml water tot kookpunt en voeg die asyn en aftreksel by. Verhit, terwyl jy roer, tot kookpunt. Prut tot die sous verdik en die sago heeltemal gaar en deurskynen­d is. Laat die sous effens afkoel en giet oor die hoender. Meng deur. Sous, deel 2: Gooi alle orige hoenderaft­reksel in ’n pot en verhit tot kookpunt. Kook af tot daar slegs sowat 500 ml aftreksel oor is. Smelt die botter en voeg die meel by. Verhit tot dit borrel en laat dit vir 1 minuut kook, terwyl jy roer. Voeg sout, peper, die 500 ml afgekookte aftreksel en 125 ml melk by. Verhit tot kookpunt en prut vir 5 minute, terwyl aanhoudend geroer word. Geur met neutmuskaa­t. Voeg die sous ook by die hoendervle­is en meng goed deur. Skep die vulsel in ’n pasteibak en smeer gelyk. Laat afkoel. Voorverhit die oond tot tot 200 °C. Rol die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en sny ’n stuk wat die vulsel sal bedek. Sit die deeg op die vulsel en gebruik afvalstukk­ies om dit bo-op te versier. Druk die kante van die deeg met ’n vurk vas. Verf die deeg met geklitste eier. Bak die pastei vir 30 minute. Verlaag die temperatuu­r tot 170 °C en bak vir ’n verdere 20 minute. Lewer 12-14 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa