Landbou Boerekos

Pampoenpof­fertjies met karamelstr­oop

-

Poffers 750 g gaar pampoen, goed fyn gedruk Knippie sout 2 eiers, geklits 500 ml bruismeel Olie, vir diepbraai

Stroop 500 ml witsuiker 250 ml water 125 ml melk 45 ml botter Knippie sout 10 ml mielieblom 15 ml koue water 5 ml fyn kaneel

Klits die pampoenmoe­s, sout, eiers en meel saam. Braai teelepels vol van die mengsel in warm olie tot opgepof en goudbruin. Skep uit met ’n gaatjiesle­pel, dreineer op kombuispap­ier en hou warm. Vir die stroop: Verhit die suiker, water, melk, botter en sout saam tot kookpunt. Meng die mielieblom, water en kaneel en roer by die stroop. Prut, terwyl geroer word, tot effens verdik en giet oor die poffertjie­s. Sit warm voor. Lewer 40 poffertjie­s.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa