Vetkoek

Landbou Boerekos - - Vantoekatotnou -

Onthou om vetkoek nie in té warm o­lie te braai nie. Die deeg bin­ne-in het tyd no­dig om gaar te word son­der dat die bui­te­kant brand.

500 ml wit­brood­meel 500 ml koek­meel 10 ml sout 1 pak­kie (10 g) kits­suur­deeg 15 ml sui­ker 315-375 ml warm wa­ter O­lie, vir diep­braai

Meng die meel, sout, suur­deeg en sui­ker in ’n groot bak. Voeg die wa­ter bie­tjie vir bie­tjie by en meng goed. K­nie die deeg vir min­stens 10 mi­nu­te op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak tot glad en e­las­ties. Smeer ’n groot bak met o­lie en sit die deeg daar­in. Smeer ook ’n bie­tjie o­lie oor die deeg en be­dek los­weg met ’n klam tee­doek of kleef­plas­tiek. Laat die deeg op ’n lou­warm plek rys tot dub­bel die vo­lu­me. K­nie die deeg af. Rol dit in ’n lang o­vaal­vorm en ver­deel in 8-12 vet­koe­ke. Plaas die vet­koe­ke op ’n ge­smeer­de bak­plaat of skink­bord en laat weer vir so­wat 30 mi­nu­te rys. Ver­hit ge­noeg o­lie in ’n ka­strol tot ma­tig warm en braai ’n paar vet­koe­ke op ’n slag. Draai om wan­neer die een kant be­gin ver­bruin. Ver­laag die o­lie se tem­pe­ra­tuur en draai die vet­koe­ke nou en dan om. Braai tot deur­gaar. Le­wer 8-12 vet­koe­ke. NA­GE­REG Ge­stol­de melk­poe­dings (soos blan­cman­ge en mel­k­jel­lie), rys­poe­ding, sa­go­poe­ding, doek­poe­ding en brood­poe­ding word al in vroeë re­sep­ma­nu­skrip­te aan­ge­tref. Dro­ë­vrug­te, ver­al ro­sy­ne en ko­ren­te, is al­ge­meen in na­ge­reg­te ge­bruik. Fy­ner soet­goed en na­ge­reg­te, soos o­blie­tjies, ma­krol­le­tjies, me­rin­gue, choux­deeg en dry­wen­de ei­lan­de, is erf­la­tings van die Fran­se Hu­ge­no­te. Om ’n ge­stol­de na­ge­reg te maak, was ’n sto­rie. Ge­la­tien is eers in die 19de eeu aan die Kaap ge­bruik. Voor dit is bees­po­te vir ure aan­een in wa­ter ge­kook. Die vloei­stof is deur ’n doek ge­syg en weer ge­kook tot ge­kon­sen­treerd. Sui­ker is dan daar­in op­ge­los voor die res van die be­stand­de­le daar­by ge­roer is en dit in ’n poe­ding­vorm ge­giet is om te stol. Har­de werk!

Pan­ne­koek was ge­wild in Ne­der­land so­wel as in Frank­ryk en staan dus met al­bei voe­te ste­wig in ons kos­kul­tuur ge­plant. Ons re­ën­dag­pan­ne­koek met ka­neel­sui­ker is meer Ne­der­lands, ter­wyl pa­pier­dun, klein na­ge­reg­pan­ne­koek wat met ’n sous voor­ge­sit word, van Fran­se af­koms is.

An­der i­ko­nie­se soet­goed, soos melk­tert en koeksisters, was ook van die be­gin af deel van die lek­ker­nye wat aan die Kaap ge­maak is. Die Eu­ro­pe­ërs was uit­ste­ken­de bak­kers, en toe daar eers ge­noeg graan vir meel aan die Kaap ver­bou is en ei­ers en bot­ter nie meer so skaars was nie, was daar geen keer nie. Lees van­af bl. 91 hoe hier­die boe­re­kos­tref­fers ont­wik­kel het tot die trots Suid-A­fri­kaan­se tee­ta­fel­tref­fers wat dit van­dag is. Hert­zog­gies het eers baie la­ter tot die to­neel toe­ge­tree, en dít nog­al van­weë die po­li­tiek. Lees die sto­rie ag­ter dié koe­kies op bl. 93.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.