Landbou Boerekos

Slinger-om-die-smoel

-

Hierdie resep vir slinger-om-die-smoel kom van Dine van Zyl.

3 eiers 375 ml koekmeel 5 ml sout Water, om aan te maak 1,25 liter melk (meer indien nodig) 2 stukke pypkaneel

Klits die eiers. Sif die meel en sout by en meng goed. Voeg net genoeg water by om ’n stywe deeg te vorm. Knie die deeg tot dit elasties is. Rol die deeg dun uit in ’n reghoekige vorm op ’n meelbestro­oide oppervlak. Strooi ’n bietjie meel oor die uitgerolde deeg. Rol die deeg van die een kant af op en sny dit met ’n baie skerp mes in dun repies. Strooi ’n bietjie meel oor die snysels. Verhit die melk waarby die twee stukke pypkaneel gevoeg is. Sodra die melk kook, word die snysels geleidelik daarin gegooi. Roer met ’n vurk sodat die snysels nie aan mekaar vasklou nie – werk liggies, jy wil nie ’n pappery in die kastrol maak nie. Laat stadig kook vir 20-25 minute. Skep op in groot sopborde en sit voor met kaneelsuik­er en ’n klont botter as jy van oordaad hou. Lewer 4-6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa