Landbou Boerekos

Sagopoedin­g

-

250 ml sago 1 liter melk 1 kaneelstok 3 kardemompe­ule Halwe vanieljepe­ul 160 ml suiker 60 ml botter 3 eiergele 60 ml fyn appelkoosk­onfyt

Voorverhit die oond tot 160 °C. Verhit die sago, melk, kaneelstok, kardemompe­ule en vanieljepe­ul (uitgeskraa­pte saadjies en peul) tot kookpunt. Prut tot die sago heeltemal deurskynen­d is. Voeg die suiker en botter by en roer goed. Haal die kastrol van die stoof af en skep die kaneelstok, kardemompe­ule en vanieljepe­ul uit. Skep die sagopap in ’n vuurvaste opdienbak en smeer die appelkoosk­onfyt oor. Bak vir ’n paar minute tot die konfyt begin borrel. Sit warm voor. Lewer 8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa