Landbou Boerekos

RESEPTE Koffiekoek­ies

-

500 ml botter 250 ml gouestroop 500 ml suiker 1 eier, geklop 10 ml vanieljege­ursel 15 ml koeksoda 25 ml sterk koffie 1 kg koekmeelbl­om 5 ml sout

Gekookte kondensmel­k, om koekies op mekaar te plak

Voorverhit die oond tot 220 °C en smeer ’n paar bakplate liggies met olie. Smelt die botter en voeg die stroop en suiker by. Roer totdat die suiker gesmelt is en laat afkoel. Voeg die geklopte eier en geursel by. Meng die koeksoda en koffie en voeg dit by die bottermeng­sel. Sif die koekmeelbl­om en sout saam en roer dit in die mengsel om ’n stywe deeg te vorm. Vorm die koekies met ’n vleismeul koekie maker( of rol die deeg uit en sny dit in ewe groot repies), pak op die bakplate en bak die koekies vir ongeveer 12-15 minute tot goudbruin. Lig die koekies versigtig van die bakplate af en laat op draadrakke afkoel tot kamertempe­ratuur. Plak die koekies met ’n bietjie outydse gekookte kondensmel­k opmekaar. Bêre in lugdigte houers. Lewer ongeveer 5 dosyn dubbele koekies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa