Landbou Boerekos

Lepelsteel­tjies

-

500 ml koekmeelbl­om 2 ml sout 1 ml bakpoeier 625 ml fyngeraspe­rde cheddarkaa­s 250 g botter of margarien, teen kamertempe­ratuur 60 ml fyn appelkoosk­onfyt

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sif die meel, sout en bakpoeier saam. Voeg die kaas by en meng. Voeg die botter of margarien by en meng tot ’n deeg vorm. Rol okkerneutg­root- te balletjies en plaas dit in die holtes van klein kolwyntjie­panne. Druk ’n gaatjie met die steel van ’n houtlepel in elke balletjie, maar moenie dit dwarsdeur die deeg druk nie. Skep ’n mespuntjie konfyt in elke holte. Bak die koekies sowat 15 minute lank. Laat hulle op ’n draadrak afkoel en bewaar in ’n lugdigte houer. Net voor bediening kan die gaatjies met nog ’n bietjie konfyt gevul word. Lewer 60 koekies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa