Landbou Boerekos

Suikerdoem­pies

-

250 g botter of margarien, teen kamertempe­ratuur 375 ml suiker 2 eiers, geklop 700 ml koekmeelbl­om 10 ml kremetart 5 ml koeksoda 2 ml sout Kleursprin­kels

Verroom die botter en suiker saam. Voeg die eiers by en meng goed. Sif die koekmeelbl­om, kremetart, koeksoda en sout saam op die eiermengse­l en meng tot ’n sagte deeg vorm. Bedek en laat oornag in die yskas.

Voorverhit die oond die volgende dag tot 180 °C en smeer ’n paar bakplate liggies. Rol die deeg tussen jou handpalms in balletjies (so groot soos okkerneute). Druk elke balletjie halfpad in die kleursprin­kels en plaas hulle dan ’n entjie uit mekaar op die bakplate. Druk elke balletjie effens platter met jou vinger. Bak die koekies vir ongeveer 15-20 minute (of tot dit begin verbruin) op die middelste oondrak. Laat hulle effens op die bakplate afkoel en plaas die koekies dan op ’n draadrak om koud te word. Lewer 6 dosyn koekies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa