Landbou Boerekos

Pardoemsko­ek

-

Toe hierdie resep van die skrywer Madeleine van Biljon destyds verskyn het, het almal dit vir Kerstyd begin bak, vertel Annatjie. En sy bak dit steeds graag, maar sit growwe stukke groenvyeko­nserf by die beslag. Die koek het sy eienaardig­e naam gekry omdat die beslag so swaar van die vrugte moet wees dat dit “pardoems” in jou maag val. Die beslag het betreklik min botter en eiers, maar ’n hele kilogram vrugte.

200 g (340 ml) rooi glanskersi­es, met kookwater afgespoel en in kwarte gesny 25 ml brandewyn 10 ml kakao 10 ml kitskoffie­poeier 500 ml kookwater 1 kg vrugtekoek­mengsel( rosyne, sultanas, korente, dadels, kersies, gevlokte amandels en sitrusskil) 7 ml koeksoda 375 ml witsuiker 125 g botter of margarien 3 ekstragroo­t eiers, geklits 750 ml koekmeel 7 ml bakpoeier 1 ml sout 5 ml gemengde speserye 5 ml fyn gemmer 25 ml brandewyn, om oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot 140 °C en voer ’n gesmeerde koekpan van 23 cm met drie lae bakpapier uit. Draai ’n paar lae bruinpapie­r om die koekpan om dit verder te isoleer. Marineer die glanskersi­es in die brandewyn. Los die kakao en koffiepoei­er in die kookwater op en voeg by die vrugtekoek­mengsel, koeksoda en suiker in ’n groot kastrol. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 5 minute. Verwyder van die hitte. Voeg die botter en gemarineer­de kersies (saam met die brandewyn) by en roer goed. Laat afkoel en roer die geklitste eiers by. Gooi die droë bestanddel­e oor die vrugtemeng­sel en meng goed. Skep die beslag in die voorbereid­e pan. Sit die pan op ’n hele paar velle bruinpapie­r in die oond (dit isoleer die pan ook van onder af en keer dat die koek te donker aan die onderkant bak). Sit ’n stuk foelie (met die blink kant na buite) op die vrugtekoek. Bak vir ongeveer 4½ uur of tot ’n toetspen skoon uit die koek kom. Laat die koek in die pan afkoel en sprinkel die brandewyn oor. Verwyder die koek uit die pan wanneer dit heeltemal afkoel het. Verseël die koek dig met dik tinfoelie en bêre vir ongeveer ’n week voor dit gesny word. Lewer 1 groot vrugtekoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa