Landbou Boerekos

RESEPTE Gunsteling-vlakoek

-

Beslag 250 ml koekmeel 75 ml mielielblo­m 5 ml bakpoeier 1 ml sout 5 eiers, geskei 250 ml strooisuik­er 100 ml yswater

Vlavulsel 500 ml melk 75 ml vlapoeier 1 ml sout 125 g sagte botter 250 ml strooisuik­er 5 ml vanieljege­ursel Paar druppels amandelgeu­rsel

Geroosterd­e klapper

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee koekpanne van 20 cm elk. Voer met bakpapier uit en smeer weer. Sif die meel, mielieblom, bakpoeier en sout saam. Klits die eiergele en strooisuik­er saam tot romerig. Klits die yswater geleidelik by. Vou die droë bestanddel­e by die eiermengse­l in. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou dit ook in. Verdeel die beslag tussen die panne en bak vir 25-30 minute tot gaar. Laat die koeke vir 5 minute in die panne afkoel en keer dan op ’n draadrak uit om tot kamertempe­ratuur af te koel.

Vir die vulsel, verhit 400 ml van die melk. Meng die res van die melk met die vlapoeier en sout tot glad. Roer die vlamengsel by die warm melk in en verhit stadig, terwyl geklits word, tot kookpunt. Prut tot verdik en gaar. Laat afkoel. Verroom die botter en strooisuik­er tot lig en donsig. Roer die vanielje- en amandelgeu­rsel by en klits die koue vla lepel vir lepel by. Sny elke koeklaag in twee dunner lae en smeer die vulsel tussen die lagies en op die koek. Rond af met geroosterd­e klapper. Lewer 1 groot koek (14-16 porsies).

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa