Landbou Boerekos

RESEPTE Kerrie sosatie sous in groot maat

-

Hierdie resep kan ook gebruik word vir kerrietjop­s of -hoender.

5 kg uie, fyn gekerf 750 ml olie 1,125 kg appelkoosk­onfyt 1,8 kg blatjang 1,5 liter bruin asyn 300 g kerriepoei­er (Cartwright­s se geel pakkie — geen ander soort nie)

150 g borrie 200 g sout 20 g swartpeper 50 g geskroeide en fyngemaald­e koljanders­aad 25 ml neutmuskaa­t 2,5 kg suiker 5 liter water

Braai die uie in ’n groot kastrol in die warm olie. Voeg die res van die bestanddel­e by en verhit tot kookpunt. As die sous te suur is, moet daar suiker bykom, en as dit te soet is, gooi jy nog asyn by na smaak. Kook tot die uie sag is en laat afkoel voor jy dit oor die vleis gooi. Marineer die sosaties vir minstens 3 dae en hoogstens ’n week voordat jy dit wil gebruik of vries. Lewer ongeveer 13 liter sous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa