Bees­vleis­pas­tei met groen­te

Landbou Boerekos - - Vleis -

Maas­kaas­deeg 500 ml koek­meel 2 ml bak­poei­er 4 ml sout 240 g ge­room­de maas­kaas 250 g bot­ter 1 ei­er, om oor te verf Vul­sel 30 ml kook­o­lie 30 ml bot­ter 1,5 kg bees­vleis­blok­kies 750 ml bees­vleis­af­trek­sel 1 ui, ge­kap 10 ml fyn­ge­kap­te, vars tie­mie 5 ml fyn­ge­kap­te, vars roos­ma­ryn 30 ml wor­ces­ter­sous 45 ml port 500 ml be­vro­re groen­te Sout en swart­pe­per na smaak

Vir die deeg: Sif die droë be­stand­de­le saam. Sny die maas­kaas en bot­ter met ’n mes by die meel­meng­sel in of ge­bruik ’n voed­sel­ver­wer­ker. Meng tot ’n sag­te deeg vorm. Be­dek met kleef­plas­tiek en hou in die ys­kas tot no­dig. Vir die vul­sel: Ver­hit die o­lie en bot­ter in ’n gro­te­ri­ge, vlak pan. Braai die vleis bie­tjies­ge­wys tot goud­bruin. Skep die vleis in ’n groot ka­strol. Voeg die af­trek­sel, ui, kruie, wor­ces­ter­sous en port by. Be­dek en laat prut so­wat ’n uur en 45 mi­nu­te tot sag. (Voeg kook­wa­ter by as die sous te dik be­gin word.) Voeg die groen­te by, ver­hit weer tot kook­punt en prut vir 2 mi­nu­te. Laat die vul­sel af­koel tot ka­mer­tem­pe­ra­tuur en ver­koel ver­der tot be­no­dig. Om saam te stel: Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. Skep die vul­sel in ’n voor­be­rei­de pas­tei­bak. Rol die deeg op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak uit. Be­dek die vul­sel met die deeg en verf die deeg met die ei­er. Bak die pas­tei vir 30 mi­nu­te of tot die deeg goud­bruin en die vul­sel bor­re­lend is. Le­wer 6-8 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.