Dubbelkaasburger
Vleiskoekies 500 g maalvleis 3 ml elk sout en swartpeper 2 snye brood, fyn gekrummel 5 ml gemaalde koljander, liggies gerooster 60 ml elk gerasperde parmesaan, cheddar en gekrummelde fetakaas
Olie, vir braai 4 groot broodrolletjies Botter en slaaiblare 1 camembert, in dun skyfies gesny
Meng die maalvleis, sout, peper, broodkrummels en koljander saam en verdeel die mengsel in 4 gelyke dele. Vorm 4 vleiskoekies en verkoel 30 minute lank. Maak ’n snit in die sykant van elke vleiskoekie met ’n baie skerp groentemes (wees versigtig om nie gate daarin te steek of dwarsdeur te sny nie). Meng die drie kase, skep ’n porsie van die mengsel in die holte wat in elke vleiskoekie gevorm word en druk die opening weer goed toe. Verkoel weer vir minstens 30 minute. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die vleiskoekies daarin tot goudbruin en deurgaar. Smeer die broodrolletjies met botter en sit slaaiblare op. Nadat jy die vleiskoekies ’n laaste keer in die pan omgedraai het, pak camembert op elkeen en sprinkel enige oorskiet-kaasmengsel oor. Bedek die pan met ’n hoë deksel wat nie aan die kaas sal raak nie. Laat die hitte van die pan die kaas smelt. Sit die vleiskoekie op die slaaiblare en sit die bokant van die rolletjie op. Lewer 4 porsies.