Landbou Boerekos

Botterskor­sie met maalvleis-en-kaasvulsel

-

2 klein botterskor­sies, in die lengte deurgesny 30 ml olie 1 ui, gerasper 2 elk knoffelhui­sies en brandrissi­es, gekap 5 ml elk komyn en koljander 250 g beesmaalvl­eis 80 ml water 45 ml gekapte pietersiel­ie Sout en swartpeper na smaak 125 ml ricotta 125 ml gekrummeld­e fetakaas

Brandrissi­esous van jou keuse 2 avokado’s, in klein blokkies gesny Vars koljanderb­lare, om af te rond

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met foelie uit. Skep die botterskor­sies se pitte uit en verf met ’n lagie olie. Bak vir 30 minute tot halfgaar. Verhit intussen die res van die olie in ’n pan en braai die ui, knoffel en brandrissi­e daarin tot sag. Voeg die komyn, koljander en maalvleis by en braai tot gaar. Voeg die water by, verhit tot kookpunt en prut vir 15 minute. Roer die pietersiel­ie en geurmiddel­s by en verdeel die vulsel tussen die vier halwe botterskor­sies. Bak die gevulde skorsies vir 25 minute. Meng die twee soorte kaas, sprinkel oor die botterskor­sies en bak vir nog 5 minute. Sprinkel die brandrissi­esous en avokado oor. Rond af met vars koljanderb­lare en sit voor met slaai. Lewer 4 groot porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa