Landbou Boerekos

AfriBeef lei van voor

Beesvleis is so deel van Suid-Afrika se voedselher­koms as rooibostee en koeksister­s. Inheemse beesrasse, soos die Afrikaner, is Suid-Afrika se erfenis vir meer as net voedselsek­erheid. Dis lékker! Lees hier hoe dié ras se eie handelsmer­k nou naam maak.

-

Met die registrasi­e van die AfriBeefha­ndelsmerk het die Afrikaner-bees telersgeno­otskap seker gemaak verbruiker­s wéét watter gehalte en tipe beesvleis hulle koop.

Danksy die streng gehalte keuringspr­oses gee AfriBeef verbruiker­s’ n belofte van murg sagte en geurige vleis wat op ’n volhoubare manier voorsien word. Die naspeurbaa­rheid van hierdie vleis gee ook verdere gemoedsrus.

Tans is hierdie Afrikaner beesvleis nog net by eksklusiew­e vleisdeli’s en uitgesoekt­e restaurant­e beskikbaar, maar met die toenemende gewildheid daarvan lyk die toekoms rooskleuri­g.

Let’s Meat, een van die topverskaf­fers aan gewilde restaurant­e in Suid-Afrika en ander lande in Afrika, is deurlopend op soek na vleis van die beste gehalte. Afrikanerb­ees vleise n die AfriBeef-handelsmer­k se deurlopend­e gehalte waarborg is daarom besonder aanloklik vir Let’s Meat.

“Wanneer ek met enige voornemend­e kliënt konsulteer, is een van die eerste vrae wat ek gevra word oor gehalte,” sê Johan Pienaar van Let’s Meat.

“Kliënte wil dikwels weet hoekom daar nooit deurlopend vleis van goeie gehalte gelewer kan word as die meeste van die vleis dan klas A is nie.

“My antwoord is al vir die afgelope ses jaar dieselfde: Omdat daar nooit net een beesras se vleis beskikbaar is nie en nie alle rasse vleis van dieselfde gehalte lewer nie.”

Met AfriBeef se ingeboude gehaltebes­tuur en slegs die gebruik van Afrikanerb­eeste is hierdie raaispel in die soeke na vleis van goeie gehalte uitgeskake­l.

Boonop het wetenskapl­ike navorsing deur die Landbou navorsings­raad( L NR) bevestig dat die Afrikanerb­ees een van die beste vleisbeesr­asse is.

LEK JOU LIPPE AF Maar wat maak een ras se vleis beter as ’n ander s’n? “Een van die belangriks­te eienskappe wat bepaal of vleis van goeie gehalte is, is die sagtheid daarvan. AfriBeef is in hierdie geval van die beste omdat die Afrikanerb­ees van alle vleisbeesr­asse die hoogste voorkoms van die dubbel sagtheid s geen in sy vleis teenwoordi­g het ,” verduideli­k Johan.

’n Verdere bonus is dat hierdie vleis regstreeks van die veld af gelewer word. Veldvleis se voordele is goed gedokument­eer en sluit die volgende in: • Fyn tekstuur. • Volle naspeurbaa­rheid — van die boer

tot die bord. •Gesertifis­eerde Afrikanerb­ees

teelmateri­aal. • Hoë vlakke van omega 3- en omega 6

vetsure in die regte verhouding. • Lae vlakke van LDL-cholestero­l

(die skadelike een). • Geen bykomende hormone, antibiotik­a of dierlike byprodukte word gebruik nie. • Minder kalorieë vergeleke met

voerkraalv­leis.

SMAAKLIK EN GESOND Derhalwe word twee van die grootste bekommerni­sse van verbruiker­s met hierdie handelsmer­k getakel: Sagtheid en ’n deurlopend­e waarborg van vleis van goeie gehalte.

“Afgesien van bogenoemde voordele, is dit ook die lekkerste en geurigste beesvleis wat ek nóg getoets het, en ek het al baie beesvleis geëet!” sê Johan.

Die AfriBeef-naam se gehaltewaa­rborg het homself reeds só ver vooruit geloop dat een van Suider-Afrika se bekendste ketting winkelgroe­pe reeds die produk verkoop. Daar is ook groot belangstel­ling om die vleis na die Verenigde Arabiese Emirate en ander lande uit te voer.

“Ons as vleiskundi­ges is baie opgewonde hieroor. Ons glo nog altyd dat Suid-Afrika vir geen land in die wêreld hoef terug te staan om beesvleis van die beste gehalte te produseer nie. Afrikaner beesvleis onder die AfriBeef-handelsmer­k het dit finaal bewys.

“Daar is nie ’n beter ras om ons die toekoms in te neem met die beste gehalte vleis wat wêreldwyd versprei en verkoop kan word nie. Ons is trots dat dit die Afrikaner, Suid-Afrika se oudste, gehardste en suiwerste inheemse beesras, is wat ons na ’n blink toekoms lei,” sê Johan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa