Landbou Boerekos

Varkvleisb­urgers met camembert en Pinotage-vye

-

Die kombinasie van smake in hierdie burger is hemels. Die rokerige geur van die spekvleis in die burger is nommerpas by die rooiwynsou­s en soet vye.

Varkvleis-burgerkoek­ies 500 g gemaalde varkvleis 250 g (1 pak) spekvleis, baie fyn gesnipper 3 ml koljander 3 ml komyn 5 ml sout 3 ml vars gemaalde swartpeper 1 ui, gerasper 2 knoffelhui­sies, baie fyn gekap 30 ml gekapte, vars kruie van jou keuse

Pinotage-vye 100 ml Pinotage 45 ml balsamiese asyn 45 ml bruinsuike­r of heuning 1 kaneelstok 2 heel steranyssa­de 2 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper 8 ferm vye, in dik skywe gesny

6 hamburgerr­olletjies Olyfolie Groot hand vol roketblare 1 camembert, in dun skywe gesny

Meng ál die bestanddel­e vir die koekies saam en verdeel die mengsel in ses gelyke

dele. Vorm ses vleiskoeki­es en verkoel vir 30 minute. Terwyl die vleiskoeki­es rus, maak die Pinotage-vye: Verhit die Pinotage, balsamiese asyn, bruinsuike­r of heuning, kaneelstok, steranyssa­de, sout en peper in ’n pan oor lae hitte tot kookpunt. Prut vir 1-2 minute en pak dan die gesnyde vye in die sous. Prut verder tot die vye deurdrenk is met die sous, maar nie papgekook is nie. Hou eenkant.

Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan en braai die burgerkoek­ies daarin tot goudbruin aan elke kant. Skep van die Pinotage-sous uit die pan waarin die vye geprut is en giet dit oor die burgerkoek­ies. Laat die burgerkoek­ies verder in die Pinotage-sous prut tot net-net gaar (die sous sal ’n heerlike, klewerige sous om die vleis vorm.) Pak nou ’n skyf of twee camembert op elke burgerkoek­ie en bedek die pan weer. Laat die hitte van die pan die kaas sag maak en smelt.

Sny die hamburger rolletjies middeldeur en verf die gesnyde kante met olyfolie. Druk die rolletjies vinnig onder ’n warm oondrooste­r of rooster die gesnyde kante in ’n warm, droë pan tot goudbruin. Sit ’n paar roketblare op elke rolletjie, gevolg deur die vleis met die gesmelte camembert. Skep van die Pinotagevy­e heel bo-op en rond af met ’n lepel van die sous. Sit dadelik voor. Lewer 6 burgers.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa