Landbou Boerekos

Wors-en-boneskotte­l met groente

-

8 groot varkworsie­s van goeie gehalte Kookwater 2 middelslag-eiervrugte, in blokkies gesny 15 ml sout 30 ml olyfolie 2 uie, in wiggies gesny 4 knoffelhui­sies, fyn gekap 1 blik (410 g) kersietama­ties in sap Halwe blik water 1 blik (440 g) rooi nierbone, gedreineer 1 blik (440 g) botterbone, gedreineer 5 ml paprika Sout, peper en ’n knippie suiker

Pak die varkworsie­s in ’n groot pan en giet die kookwater oor. Verhit tot kookpunt, bedek die pan en stoom die worsies tot liggaar. Dreineer en hou eenkant. Sit die eiervrugbl­okkies in ’n bak en sprinkel die sout oor. Skud die bak liggies om seker te maak dat die sout egalig versprei is. Laat staan vir 10 minute en spoel af. Dreineer goed en druk droog met kombuispap­ier.

Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die uie daarin tot goudbruin. Voeg die eiervrugbl­okkies en knoffel by en braai vir sowat 5 minute. Voeg die tamaties, water, bone en paprika by. Verhit tot kookpunt, geur met sout, peper en ’n knippie suiker en laat prut vir sowat 5 minute. Verhit die oond tot 180 °C. Skep die eiervrug-en-bonemengse­l in ’n oondbak en skep die worsies bo-op. Bedek met foelie en bak vir 20 minute. Haal die foelie af en bak vir ongeveer 15 minute tot die worsies goudbruin en die sous dik en geurig is. Sit voor op koeskoes, krummelpap of rys. Lewer 6-8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa